Veearts-moord: Verdagte in hof

Rensia de Wet. Foto: Facebook

Rensia de Wet. Foto: Facebook

ʼn Man gaan na verwagting Maandag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord en verkragting van Rensia de Wet (46), ʼn vooraanstaande veearts van die dorp.

Die 30-jarige man, wie se naam nie genoem kan word alvorens hy gepleit het nie, is in die polisie se aanhouding sedert De Wet se moord in Desember. Hy het op 15 Desember vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklagte van moord, verkragting en huisroof.

Hy is in KwaMagugu buite Nelspruit in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn wenk reageer het. Die verdagtes het glo op die landgoed gewerk waar De Wet gebly het.

De Wet se halfnaakte liggaam is op 9 Desember in ʼn plas bloed in haar huis op die Nottinghill Equestrian Estate gevind. Sy het steekwonde oor haar liggaam gehad. Die huis was geplunder.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.