Veearts-moord: Verdagte vas

Rensia de Wet. Foto: Facebook

Rensia de Wet. Foto: Facebook

Die polisie in Mpumalanga het ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met die verkragting van en moord op Rensia de Wet (46), ʼn vooraanstaande veearts van Witrivier.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is Saterdag in Kamagugu buite Nelspruit in hegtenis geneem terwyl hy besig was om uit ʼn minibustaxi te klim. Die 30-jarige man het Maandag in die Witrivier-landdroshof verskyn op aanklag van moord, verkragting en huisroof. Die saak is tot 12 Januarie uitgestel. Die verdagte bly in aanhouding.

De Wet se halfnaakte liggaam is op 9 Desember in ʼn plas bloed in haar huis op die Nottinghill Equestrian Estate gevind. Sy het steekwonde oor haar liggaam gehad. Die huis was geplunder.

Genl.maj. Meshack Nogwanya, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het sy waardering uitgespreek vir die vinnige inhegtenisneming van ʼn verdagte in verband met De Wet se moord. “Ek prys ons speurders vir die hoë vlak van professionaliteit, deursettingsvermoë en toewyding wat hulle getoon het in die hantering van die saak en die inhegtenisneming van ʼn verdagte,” het hy gesê. “Misdaad teen vroue en kinders is ʼn prioriteit vir ons as die polisie en ons ondersteun die veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders en dus kan ons nie toelaat dat hulle die slagoffers is van die tipe bose gedrag nie.”

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

Ewe rustig gaan die vuilgoed aan met sy lewe. N pragtige vrou verniel en vermoor, maar klap selfs net aan hom dan hoor jy gou hoe skreeu hy “we ma”

lillian ·

Genl.maj. Meshack Nogwanya, ek is bly jy dink dat misdade teen vroue en kinders ‘n prioriteit is vir alle polisie, want jy is verkeerd … sommige stasies het nie eens ‘n bevoegde person om die “VEC” te behartig nie en om van die diens nie een te praat nie! Dit bestaan nie eens nie!

Maar elke geval, mooi so SAPS! en knyp die man maar so bietjie waar niemand sien nie, want hy’t duidelik GEEN gewete nie – hy vermoor ‘n pragtige vrou, plunder haar huis en gaan dood eenvoudig aan met sy lewe of niks fout is nie! satanskinders!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.