Veearts-moord: Verdagte verbreek paroolvoorwaardes; nog aanklagte

Rensia de Wet Foto: Facebook

Rensia de Wet Foto: Facebook

Die vermeende verkragter en moordenaar van dr. Rensia de Wet staan ook op ander aanklagte tereg en het boonop sy paroolvoorwaardes rakende ʼn vorige vonnisoplegging verbreek.

De Wet, ʼn veearts in Witrivier in Mpumalanga, se halfnaakte liggaam is op 9 Desember in ʼn plas bloed in haar huis op die Nottinghill Equestrian Estate gevind. Frans Mokoena is op 13 Desember in hegtenis geneem in verband met die voorval en het twee dae later die eerste keer in die hof verskyn.

Ao. Gugu Phiri, woordvoerder van die polisie in Witrivier, het aan Maroela Media gesê Mokoena is in 2006 tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan verkragting en diefstal. Hy is in 2013 op parool vrygelaat.

Volgens Phiri het Mokoena sy paroolvoorwaardes verbreek deur glo weer ʼn misdaad te pleeg en dien hy sedert Donderdag die oorblywende deel van sy vonnis, naamlik drie jaar tronkstraf, uit.

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie in Nelspruit, het intussen aan Maroela Media gesê Mokoena staan ook tereg op aanklagte van verkragting en huisbraak in ʼn afsonderlike saak.

Volgens Pretorius het Mokoena glo in Oktober verlede jaar by ʼn huis ingebreek. Mokoena word ook daarvan beskuldig dat hy in die paar dae na hy De Wet glo vermoor het en in hegtenis geneem is, nog ʼn vrou verkrag het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anna ·

Hier is mos geen wet en orde uit op parool en hy doen dit 2 keer by as hy gesit het vir goed die eerste keer sou dit nie gebeur het nie. Staat se skuld!

Eugene ·

Die tronk is doodeenvoudig nie meer ‘n afskrikmiddel vir hulle nie – hulle kry gratis slaapplek, kos, tv, ontspanning, leergeleenthede, terapie, ens.

boer ·

As hy steel,kap sy hand af,as hy verkrag kap sy ……. af, en as hy moor, hang die wetter,maak nie saak watse kleur hy is nie. Dan sal die polisie ook nie lieg oor die misdaad syfers nie,want dit sal drasties daal

JZ ·

As niks vir die krimenele werk nie ,verwyder hom uit die samelewe,bring die dood straf terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.