Veearts op perdelandgoed vermoor; dalk verkrag

Rensia de Wet. Foto: Facebook

Rensia de Wet. Foto: Facebook

Die halfnaakte liggaam van ʼn vooraanstaande veearts van Witrivier in Mpumalanga is Dinsdag in haar huis op ʼn perdelandgoed naby dié dorp aangetref.

Rensia de Wet (46) was ʼn veearts in die Witrivier-omgewing en het in ʼn huis op die Nottinghill Equestrian Estate gewoon saam met haar vriendin, Kraai Kamffer, eienaar van die landgoed.

De Wet se moord volg skaars vyf dae ná dié van Jill Penelope Masterton, ʼn 62-jarige diereregteaktivis van Gauteng, wat Donderdagaand op ʼn landgoed vermoor is.

“Sy was my vriendin, en ʼn baie liefdevolle mens. Sy was baie lief vir diere én mense,” het Kamffer aan Maroela Media gesê. Sy was te emosioneel om verder te praat.

Brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê De Wet se liggaam is Dinsdagmiddag omstreeks 16:30 deur haar bure aangetref. “Die oorledene is halfnaak in haar kamer gevind,” het Mohlala gesê. “Sy het steekwonde aan haar kop, nek en bors gehad.”

De Wet se huis is geplunder en die polisie vermoed dat huisroof ʼn motief vir haar moord kan wees. “Ons ondersoek die moontlikheid dat sy verkrag is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om dit te bepaal.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Dit is nog nie bekend hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. Niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig Masterton (62) en haar man is Donderdagaand deur vyf gewapende mans in hul huis op die Letamo-wildsplaas en –landgoed in Kromdraai buite Krugersdorp aangeval en beroof. Sy is dood nadat sy aangerand en met ʼn mes gesteek is, nadat sy skynbaar ʼn verassingkissie met een van haar honde se as in by die aanvallers wou afneem. Die aanvaller het dit glo as ʼn juwelekissie aangesien. Lees meer hier.

Niemand is nog in verband met Masterton se moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Harde Waarheid ·

Hoe lank sal ons soos skape geslag word en ons sit en stilbly en niks doen nie.Ons raak gatvol.

gatvol ·

Pragtig beeld skoon mens.Ons sit maar agter oor en kyk en luister en lees hoe ons mense vermoor word in die siek surkis wereld deur die EVILS

a theron ·

Die dag wanneer die doodstraf weer in ons howe toegepas word, daardie dag sal SA se moorde ophou. Nie vroeer as dit met hierdie swart regering nie. Hoe HAAT ek hierdie moordenaars, hoe haat ek die regering wat stilswyend goedkeuring verleen, hoe haat ek die DA wat stilswyend toekyk, elkeen is n potensiele moordenaar, net soos elkeen van die lydende groep n potensiele slagoffer is. Almal weet dat dit in SA swart op wit mooorde is,

"Ek het nou genoeg gesien" ·

n Mens kan nie die “Like” knoppie eers gebruik nie, dit voel net nie gepas nie – maar dit verafsku my!!! When is it going to STOP ???!!! Moet/wil Maroela Media nie iewers die onaangename taak aanpak om om n spesiale “site” te skep waar elke dag se moord, aanranding en verkragting se statistieke, fotos, berigte en links op geplaas kan word nie. It will be a gruesome site, but it is reality – if South Africans don’t care enough, maybe, just maybe, somewhere in the world out there, there are people that do care AND can do something about it. Ons sal moet begin om hierdie tegnologie te gebruik!! My innige simpatie aan al haar geliefdes, vriende en kennisse.

Keelvol ·

Dit is ‘n praktiese en goeie idee. Afriforum het begin om die vergrype teen blankes in die land aan die VN oor te dra, maar daar moet baie meer gedoen word. Die internasionale publiek moet hiervan bewus gemaak word, dit is immers hulle met hul betogings en sanksies wat gedurende die 70’s en 80’s ons gedruk het tot waar ons vandag is. Nou is almal stil en wil nie erken wat ‘n m@%rse fout hulle gemaak het nie. Ons mense wat gelukkig genoeg is om te emigreer het ‘n verantwoordelikheid om die inwoners van hul nuwe tuistes bewus te maak van die stille volksmoord wat in SA gepleeg word teen die van ons wat nie die geleentheid het om van hierdie lewende hel te ontsnap nie.

lillian ·

Wanneer hou die goed op? Afriforum … kom, kom, jaag die mense van die VN aan … anders gaan ons maar die Reg in eie hande begin neem, want die stories van ons mense wat so vermoor word sonder rede is absurd!

AfriForum ·

Beste vriende. Daar word nasionaal en internasionaal bewustheid geskep. Dit vat egter tyd. Intussen skep AfriForum veiligheidsnetwerke regoor Suid-Afrika waar ons takke het. Die mense moet net betrokke raak. Dit is al lankal tyd dat ons as gemeenskappe na mekaar omsien en mekaar oppas en onsself beveilig. AfriForum is baie hartseer oor al hierdie aanvalle en moorde die laaste tyd.

boer ·

AfriForum,

waar kry ons die kontak besonderhede van hiedie veiligheidsnetwerke in ons omgewing?

Nog n blanke deur swart barbare vermoor,dis n feit ,en dit hou net aan en aan en aan………
Ag ons dan as volk so gehaat word in hierdie land, hoekom dan nie oorlog teen ons verklaar nie?

anet ·

Dankie AfriForum vir al julle harde werk, en ook dat julle omgee en belangstel in die Afrikaanse
Gemeenskap.

boer ·

Verklaar eerder oorlog teen ons blankes sodat ons kan terug veg,
want op die stadium mag ek nie skiet voordat ek eers half dood gemaak word nie.

Hierdie mooi vrou,wat vir haar lewe moes betaal, omdat daar geen wet en orde in die land is nie.

Johannes J Blom ·

Walglik. 100de polisiemanne (Is daar nog so iets) word gemobiliseer om lede van die parliament te beheer en ordentlike/onskuldige mooi mense wat ons wereld werklik beter maak word gemartel en uitgemoor vir n paar rand. Misdaadvoorkoming bestaan nie. Wet en Orde het net soveel betekenis as die BEE heining wat Nkandla beveilig.

Jan Coetzer ·

Op 10 deser Het Max du Preez in die RSG Program “Praat Saam” die Boerevolk beweging uitgesonder as voorbeeld van ‘n terroriste organisasie in die RSA. In ‘n epos aan hom het ek hierteen beswaar gemaak en ‘n verduideliking oor die lug gevra waarom hy die ANC as synde die grootste terroristebeweging ooit in Suider-Afrika nie ook vermeld het nie. Logieserwys het hy my versoek ignoreer.

Eerstens het hy as programaanbieder die SAUK as podium misbruik om uiting te gee aan sy renons wat hy nog maar altyd in die Blanke Suid-Afrikaner gehad het. Ek beskou gemelde uitlating van hom as ‘n vorm van rassehaatspraak en gaan hom dienooreenkomstig daarmee konfronteer.

Groetnis

Jan Coetzer
Bus 1
Dibeng
8463

Johan ·

Jan.
Ek dink dit is ‘n beter idee om ‘n ANTI Max du Preez beweging te begin. Die man se idees en uitsprake grens aan die mees vermetelheid wat ek nog ooit van gehoor of gesien het. Die beste van alles is dat hy homself wil voorgee as ‘n baie slim en intelegente mens, en daar sit ek ‘n groot Vraagteken agter dit, ek dink hy soek maar net persoonlike sensasie vir persoonlik aandag. Ek wonder wat sal hierdie Maaifoedie se en doen as dieselfde moord roof en verkragting hom en sy kinders en geliefdes tref (Ek wonder of iemand die man kan lief he..)
Hy is seker by verreweg die grootste Blanke en Afrikaanse PYN in die popo wat ek al van gehoor en gesien het!!!!!

anet ·

Dalk moet ons vir RSG vra om nie meer vir Max te nooi om aan “praat saam”deel te neem nie, en dat RSG ook nie meer van sy politieke kommentaar gebruik maak nie. Lee bottels maak baie geraas.

LiebCobus ·

Landsgenote…mede Kinders van God….volhard in die geloof soos ons Voorgangers ons geleer het….Jesus sal ons nie bokant ons vermoeé toets nie…luister wat Agriforum voorstel en ondersteun hulle….vat Hande..in die geloof…en ook daadwerklik…dit gaan oor ons voortbestaan..word wakker…wees Paraat…en kyk na julleself…bied weerstand teen Satan en sy Volgelinge…ons antwoorde sal kom….wees nie bevrees nie…ons het God aan ons kant ….nie Witchdocters en Sangoma’s nie!!

Christo ·

Hi Jan .jy is so reg ,die Max ,moes al lankal gestenig gewees het ,in die Boere oorlog was daar

baie ,hy is n volks veraaier ,propaganda is magtig ,ons moet hierdie gespuis merk, as ons wil oorleef
hy is net daar vir sy eie gewin ,ek sal hom nooit toelaat om agter my te loop , mense word wakker !!!

Christo,

McGuyver ·

Ek is ‘n gebore Suid Afrikaner – het 42 jaar in Pretoria/JHB omgewing gewoon. Ge-immigreer in 2006. Hoekom? Crime! Ek verstaan dat nie almal daar kan uitkom nie, maar waarom is die wat agter bly so ON paraat? Ek het ALTYD ‘n “pepper spray” in my hand gehad wanneer ek die huis verlaat. Ek het met ‘n klein gelaaide pistooltjie in my broeksak rond geloop – selfs werk toe, ja, in die Volkskas gebou in Pretoria. Ek wil nie julle hoop smoor nie maar die buiteland het geen saak met SA nie en ek dink nie die VN het enige saak nie.

In my opinie is die grootste rede waarom dit gaan soos dit gaan omdat mense nie wil hoor en doen wat in die Skrif staan nie. Hou die Gelofte Fees. Ons doen dit steeds elke jaar hier in die buiteland. Die Skrif se dit sal “sonde in jou word” as jy nie jou geloftes aan die Skepper hou nie. Hoeveel mense minag die gelofte? Hoeveel mense minag die 4de gebod en soek lang relase en redes waarom ‘n mens kan kies wanneer die dag is?

Die 2de rede is dat mense nie wil saamstaan nie. Ek stel voor, sluit aan en raak betrokke! Daar is heelwat onderlinge sekuriteits aksies en weerstands bewegings maar niks sal werk as mens nie BETROKKE raak en begin saamstaan nie.

Moenie vir die slinkse vyand wag om die oorlog te verklaar nie – hulle geniet hulle suksesvolle gorilla oorlogvoering. Wanneer julle die dag saamstaan en oorlog verklaar, email my gerus om te kom help veg. My hart is met julle – en ek deel in die pyn van al die moorde. Wees sterk, wees paraat, staan saam en beplan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.