Veearts skiet vrou: ‘Dit is wat ons bevind het’  

Trysie en Jesse Coleman. Foto: Verskaf

Mike Bolhuis, die bekende spesialis-ondersoeker, het Dinsdag voorlopige bevindinge bekendgemaak van sy ondersoek na die voorval waartydens dr. Jesse Coleman (68) sy vrou geskiet het.

Maroela Media het Maandag berig Coleman se vrou, Trysie (58), is deur die polisie en Bolhuis se ondersoekagentskap, Mike Bolhuis Specialised Security Services, ondervra. Dit was nadat sy ná byna ʼn week se behandeling in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal sterk genoeg was om haar weergawe van die gebeure in die vroeë oggendure van 5 Mei op die egpaar se plaas tussen Delmas en Bronkhorstspruit te deel.

“ʼn Gedugte span, bestaande uit oudkol. Vince Harris en oudkol. Luke Enslin, is aangewys om die saak te ondersoek. Hulle is die hoofde van ons ernstige geweldseenheid en kon die vinnigste ʼn bevinding maak,” het Bolhuis aan Maroela Media gesê.

“Ná ʼn diep en deeglike spesialis-ondersoek dui die voorlopige bevinding daarop dat die skietvoorval ʼn ongeluk was. Dit is ons bevinding dat dit nie kwaadwillig of met opset deur Jesse gepleeg is nie,” het Bolhuis aan Maroela Media gesê.

Bolhuis het beklemtoon die saak is nog aan ʼn hele paar wetlike prosesse onderhewig.

“Die staat gaan voort met ballistiese ondersoeke op die vuurwapen en die finale besluit op vervolging berus by die nasionale vervolgingsgesag nadat hulle al die bevindinge behoorlik bestudeer het. Die polisie sal ook nog ondersoek instel of hy onverantwoordelik met die vuurwapen opgetree het en bevoeg is om oor ʼn vuurwapen te beskik. So daar is beslis nog prosesse van die staat en polisie wat deurgevoer gaan word.”

Bolhuis en sy span het nou saam met die Delmas-polisie se speurders gewerk en volgens Bolhuis het hulle goeie samewerking gehad.

Trysie se familie het vermoed daar was moontlik vuilspel en het Bolhuis as ondersoeker en familiewoordvoerder aangestel om berusting te vind. Daar is aanvanklik ʼn interdik teen Coleman gekry om te verhoed dat hy met Trysie kontak maak alvorens haar verklaring geneem is sodat hy nie moontlik met die ondersoek kon inmeng nie.

Coleman het verlede week sy weergawe van die gebeure deur die skakelagentskap Martina Nicholson Associates vertel en beweer hy het haar as ʼn inbreker aangesien.

In sy verklaring het Coleman gesê hy het “diep berou” oor die “skietongeluk” waarin sy vrou ernstig in die maag gewond is. Hy het aangedui hy is diep teleurgesteld en hartseer deur “onakkurate en skadelike” mediaberigte wat ná die voorval deur sommige mediahuise geplaas is. “Dit was ʼn aaklige ongeluk en ek kan nie ophou dink aan die pyn en lyding wat my vrou nou daardeur moet ervaar nie, asook oor die gevaar waarin sy is.”

Coleman het beriggewing verwerp dat hy en sy vrou verhoudingsprobleme gehad het.

Bolhuis het gesê Coleman sowel as Trysie se families word bygestaan met berading om ter wille van Trysie se herstelproses enigheid te vind. Die families is ook versoek om almal weer toegang tot haar te gee om haar sodoende by te staan.

Kapt. Carla Hartley, woordvoerder van die Delmas-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die polisie het Trysie se verklaring afgeneem en sy het aan speurders gemeld dat dit glo ʼn ongeluk was.

“Die ondersoek duur egter voort en daar word gewag vir forensiese verslae. Sodra alles gereed is, sal die dossier aan die nasionale vervolgingsgesag oorhandig word vir beslissing,” het Hartley gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Justice ·

Dit is nou goeie nuus – sterkte met die lang pad van herstel.

Peter Immelman ·

Het hy gekyk waar sy vrou was toe hy inbreker hoor?

Poppie ·

WONDERLIKE NUUS!!! PRYS DIE HERE!!!!!! Dankie Liewe Heer, dit was ‘n ongeluk… Ek so bly. Speedy recovery, mevrou. Sterkte x

stellie ·

Ek is baie bly dit was n ongeluk. Maar ek is dankbaar ek is nie in die familie se skoene wat die man weer in die oë moet kyk nie!

Family ·

Natuurlik sal die familie haar vir eers weghou. Dis nogals OVIAAS

OBVIOUS ·

Family DIS OBVIOUS NIE OVIAAS NIE… En ek is hartlik bly dat dit ‘n ONGELUK was… Will defnitief nie in haar familie se skoene nou wees nie…

Johann ·

Hoekom sal familie sulke bekommernisse in die openbaar uiter as daar nie n gegronde rede voor is nie? En hoekom n PR Maatskappy aanstel om namens jou n verklaring saam te stel.om.te sê jys jammer en dit was n ongeluk.en die media dit en dat. Zuma en die Guptas het iok n PR Maatskappy aangestel om hulle “onskuld” te verwoord????? Hiers n slang in die gras en dis nie n slang wat die veearts wil gesond maak nie….

Jolanda Bruton ·

Regtig????? Na soveel as 5 dinge waaroor heeltemal verkeerd berig is in die Sondagkoerant, sal jy nie maar ook eerder deur ‘n pr maatskappy werk wanneer jy kommentaar lewer nie?

Piet Snot ·

Johann, jy spekuleer. Jy weet so min soos ek. En ek weet niks.
So los nou maar die geïmpliseerde beskuldigings.

al ·

Ai ek is baie bly hierdie verhaal het ñ goeie einde. Mag sy vinnig aansterk en die familie en eggenoot oor hierdie hekkie van wantroue kom.

Helene ·

Sooooo!.. bly vir die familie se part dat daar beterskap is en ook vir haar man dat hy haar nie met opset geskiet het nie! n Paar jaar gelede het ons weduwee moeder kort na ons pa se dood besluit om weer te trou met n jeugliefde. Ons was glad nie tevrede om hierdie vreemdeling in ons pa se plek te sien nie. Hulle twee ouens was baie gelukkig maar ons het onder mekaar letterlik geskinder van die man. Bygese hy was baie erg oor ons ma en sy oor hom. Hy is toe later voor haar oorlede. Maar ons ma het nie toegelaat dat ons hom sleg behandel nie. Die wat nie tevrede was nie moes maar wegbly. Wees dus baie versigtig hoe julle as familie haar geliefde behandel. Dit spaar haar baie smart. Sterkte word gou gesond!

Danie ·

Dit is ongelukkig die probleem. Jy weet nie of die lawaai in die kombuis 1:30 die oggend wel ‘n inbreker of net een van die gesin is nie. Laat jy dit staan en neem aan dit is ‘n gesinslid en jy is verkeerd lê die volgende vir jou en jou gesin voor: kwaadwillige aanranding met die doel om ernstig te beseer, marteling wat vir ure kan duur, verkragting wat ure kan duur, verminking wat oor ure uitgerek kan word, dan word jy op die ou end vir dood gelos (wat jy is of dalk nog steeds nie). Daardie besluit moet jy in sekondes neem. Dit kan die verskil tussen lewe en dood van jou gesin beteken.

Hannelie ·

So hy het glad nie gevra “wie is daar?” of enigsens gesê hy gaan skiet nie? Hy het net die sneller getrek want sy kop het vir hom gesê dit is ‘n inbreker. Ek weet nie…..maar ek byt nie die storie nie.

Vc ·

Nie n kat se kans dat ek sal vra “wie’s daar?” In die middel van die nag nie

Nettie ·

@Hannelie – dink jy nou vir een oomblik ‘n misdadiger gaan vir jou sê: “Dis net ek, ek kom om jou dood te maak en jou goed vir my te vat”? Sy vrou kon miskien geskreeu het om sy aandag te vestig daarop dat dit sy is en nie ‘n inbreker nie. In so ‘n situasie, waar mens reeds oorspanne is (onthou, daar het ‘n alarm afgegaan wat die dokter gewaarsku het dat daar iemand binne ‘n meter van sy slaapkamerdeur is), waai logika by die agterdeur uit.

Genieve ·

Johan nou hoekom mag hy nie sy vrou kontak nie,alvorens sy nie n volledige verklaring afgele het nie.Verstaan ook nou glad nie si setup nie.

Blits ·

Ai julle mense lees nie die berig nie, DIT WAS N ONGELUK. hou op om die bobojaan agter die bos te gaan haal. Die interduk is n normale stap wat geneem word in so n geval, net vir ingeval dit nie werklik n ongeluk was nie word n interduk bekom teen die anne persoon sodat hy of sy nie mekaar se weergawe kan beinvloed nie of n false weergawe kan skep nie.
ek is baie bly julle is nie speurders nie want dan was almal voor die voet skuldig tenspuite van bewyse dat n mens onskuldig is

Brabus ·

As ek die man was sal ek die familie laat aankla vir naamskending.

KarenG ·

Die probleem is almal spekuleer nou en ons ken nie die volle agtergrond van die paartjie se verhouding nie. Dalk het haar familie wel grondige redes gehad vir hul wantroue……

Aijaijai ·

Hy sal beslis nie, sy probleme is nog nie verby, die staat en nalatigheid, hul kan dit nie net onder n mat invee, dit kon baie sleg ge-eindig het, ek is bly vir hom sy leef en kon sy version staaf en alle gissings stop, want as sy nie oorleef het nie, sou hy maar gesukkel het. Ek is ook 1 wat gehoop het dit is nie so& regtig bly is vir hierdie onafhanklike ondersoek en uitkoms.

KarenG ·

Ek is regtig bly dit was net ‘n ongeluk. Ek glo die familie het seker gronde vir hul wantroue. Ek hoop wel van harte dat almal mettertyd die onaangename ervaring agter hulle kan sit. Sterkte!!

Piets ·

Dis n normale prosudure om te volg, niks oor wantroue nie, kyk na enige soortgelyke saak. Dis doodnormaal.

DS ·

Hoekom is hulle bevinding nie VOORDAT Trysie se verklaring afgelê is bekend gemaak nie??

Pop ·

Hulle is nou maar eers ‘n jaar getroud so nog erg verlief. Almal wou die stomme want al verhoor vir moord. Ek is so bly eks nie daardie familie nie. Hierdie hele ding gaan hulle nooit te bowe kom nie. Trysie staan by jou veearts. Op ‘n laat ouderdom is dit beter om ‘n man te hê as wat jy in familie se oë moet kyk as jy die dag sieklik en baie oud is.

Andre ·

Oooops , families kan darem maar vinnig gevolgtrekkings maak , en is dan nog verwaand genoeg om hulle self te glo .

Quo Vadis ·

Ek mag wonder hoekom sy vrou nie die alarm afgeskakel het toe sy uit die kamer gegaan het, en toe dit afgaan moes sy tog geweet het haar man gaan kom kyk – kon sy nie iets gese het, of ‘n lig aangeskakel het nie??

SP ·

En so het baie die afgelope paar dae die arme man uitgekryt vir alles wat sleg is,ek kan nie wag om hul onvoorwaardelike veskonings hier te lees nie.

Oscar2 ·

Vir al hierdie klomp perfekte mense, en obviously groot regskenners, het oscar se saak julle so voorberei vir hierdie saak van julle?

T ·

Ek is so bly! Ek het die hele tyd nie daaraan getwyfel dat die Vearts onskuldig is nie. Sterkte vir die herstel. En moet julle asb nie aan die sensasie soekers steur nie.

Tokkie ·

Ek en my man het ‘n ooreenkoms. Ons gaan nie kombuis toe sonder dat die een van ander se doen en later weet. Al gaan ons net badkamer toe. Sê maar net

oumie ·

Tokkie wag tot jy jou gat afskrik in die middel van die nag ek het angsaanval gekry en nie n geluid uit my mond gekom nie en ek moet dit sê. Ek het julle mos gesê dit was n ongeluk en hier is nogsteeds doemprofete wat maar net nie tussen die lyne kan lees nie ek hoop nie een van jul kom so iets oor nie gou gesond word mevrou Amen

Willie ·

As dit so is? Hoekom het sy nie die alarm gedeaktiveer toe sy in die huis in was nie. En hoekom het sy hom nie wakker gemaak soos hulle sê hulle doen nie. Ek is net bly hy is onskuldig aan poging tot moord.

Henry ·

Hy het nie met haar gepraat nie en sy gee haar weergawe, dit stem ooreen. Sy weergawe het sin gemaak dat dit n ongeluk was…..Hoekom so debatteer?

Tanya ·

Hou maar die media dop. Hierdie is nie die laaste wat ons van hierdie saak gehoor het nie.

maraai ·

Julle ongelukke gebeur baie. Ek myself het n soort gelyke ongeluk gehad. Ek het opgestaan on water te drink in kombuis en intussen het my man ook opgestaan en hy is badkamer toe. Ek is gewoond om in donker rond te loop maar my man sit gewoonlik ligte aan maar die aand nie. Van die kombuis af terug kamer toe hoor ek toe beweeging in badkamer en gryp die baseball bat en voor my man vir my kon sê dis hy of my kon keer het ek hom een harde hou gegee. Gelukkig nou nie so erenstig beseer nie, maar dit weereens n bewys dat sulke ongelukke wel gebeur…

Flintstone ·

Nou wag ek vir die klomp visvangers die afgelope paar dae ,se verskonings om in te stroom.Maar helaas,tipies van ons ou nasietjie,sal hulle soos dik mis voor die son verdwyn,net om by ‘n volgende spekulasie weer op te duik.

Dirk Breytenbach ·

Ja dieselfde doemprofete wat Oscar skuldig bevind het voor die hof hom gebaseer op feite skuldig bevind het.

Anoniem ·

Mmm, wonder wat sê al die slimmetjies nou wat ‘n rot geruik het?

anton ·

Party families moet ook leer om hulle neuse uit ander mense se lewens te hou!!!
Hulle het seker niks om hulle self mee besig te hou nie.
En party mense kan maar net nie aanvaar dat dit n ongeluk was nie al het die vrou dit self gesê.
Nou wat wil julle nou eintelik hoor??? ai, ai, ai……..

T ·

Bravo Anton! Altyd die sensasie soekers. Gun hierdie mense geluk! Ek noem dit ook n fratsongeluk

O aarde ·

Groot pappie, voel jy nou beter? Jy is so rof en so sterk. Nag, ou grote.

Randie ·

Ek gaan vir Maroela Media vra om ‘n “spell checker” beskikbaar te maak in die kommentaar blokkie!!!

Nicolaas ·

Dis nou dieselfde Bolhuis wie destyds bevind het Joost vd Westhuizen was onskuldig in die seksvideo sage en wie hom aangeraai het om te lieg vir almal daaroor, insluitend sy vrou. Tsk tsk … spesialis ondersoeker se voet

Rambo ·

Whaaaa ja . .dankie tog EEN bietjie nugter kommentaar. Dieselfde Bolhuis wat beweer het Joost het nie die aand by die prostituut deurgebring nie, en hy het nie wit poeier gesnuif nie en hy het nie ‘n onderbroek en sokkies met gate in nie. Hulle het selfs ander mense met REGSGEDINGE gedreig sou hulle voortgaan om die stories te versprei en die artikel verder te publiseer .. janee Nicolaas, mense is so gullible, glo wat hulle WIL glo!

anton ·

Jy stel dit hard. Big D
Maar ek moet nogal met jou saamstem!!!
en
Die woord sê mos, haal eers die balk uit jou eie oog……

Fires ·

Na ‘n diep en deeglike spesialis ondersoek en die goeie samewerking van die Polisie is geen gemene spel waargeneem nie volgens Rambo Bolhuis, sak sarel, die verklaring van die slagoffer was al wat nodig was

E. L ·

Die meeste mense voel maar soos jy Big Daddy, dis hoekom ons nie opstaan om mekaar te beskerm nie en dis hoekom die wêreld nie tyd vir ons het nie. Persoonlik het die wit Afrikaner my so verwond en skade berokken dat ek geen simpatie meer het met hulle saak nie en nie sal veg vir hul voortbestaan nie. Ek is jammer dat ek dit moet sê, ek vra elke dag vergifnis hiervoor van God.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hier is die soveelste geval van ons leke wat in ons wysheid ‘n moord wou oplos met ons eie gedagtes en weergawes. Ek inkluis, en hier is nou kundiges wat die saak ondersoek en die arme veearts is in alle waarskynlikheid dood onskuldig. Ons moet ophouj om “sake” te ondersoek en mense sommer skuldig te vind.

Rita ·

Ek dink die grootste probleem is dat mense nie meer veilig voel in die Nuwe SA nie en dan skiet na die geringste geluidjie wat jy hoor as iets jou moddernag wakker maak. Sterkte aan die gesin.

Theresa ·

Ja, die onveilige gevoel wat mens die heeltyd agtervolg selfs in jou eie huis, het baie te doen met die angstige reaksies van mense. Die moord en doodslag in ons land en misdadigers wat toegelaat word om in te breek en te doen net wat hul wil, soveel hul wil, maak van die wat nie aangeval word nie, senuweewrakke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.