Veearts skiet vrou: ‘Familie vermoed vuilspel’, ‘man het berou’

Trysie en Jesse Coleman. Foto: Verskaf

Alhoewel die familie van Trysie Coleman (58) vuilspel vermoed nadat sy verlede Vrydag in die vroeë oggendure glo per ongeluk deur haar veeartsman, dr. Jesse Coleman (68), op hul plaas naby Delmas geskiet is, het hy “diep berou” oor wat gebeur het.

Coleman het vandeesweek die skakelagentskap Martina Nicholson Associates aangestel om medianavrae te hanteer en die agentskap het namens hom ʼn verklaring uitgereik.

In sy verklaring het Coleman gesê hy het “diep berou” oor die “skietongeluk” verlede Vrydag op hul plaas tussen Delmas en Bronkhorstspruit, waarin sy vrou ernstig gewond is.

Coleman sê in sy verklaring hy het verlede Vrydag in die vroeë oggendure ʼn alarm op hul eiendom hoor afgaan. “Ons huis het ʼn gesofistikeerde sekuriteitstelsel en ʼn waarskuwing het op die sekuriteitpaneel sowat 1 m buite ons slaapkamerdeur afgegaan, wat aangedui het ʼn indringer was naby die deur,” het Coleman gesê.

“Ek en Trysie het ʼn ooreenkoms dat nie een van ons die slaapkamer deur die aand sal verlaat sonder om mekaar wakker te maak nie. Ek het uit ʼn diep slaap wakker geword en nie vir een oomblik gedink die alarm kon per ongeluk deur my vrou geaktiveer wees nie.”

Coleman sê hy het sy vuurwapen gegryp en na die slaapkamerdeur beweeg. “Ek het gehuiwer terwyl ek gewag het vir die oortreder om deur die deur te kom, maar niks het gebeur nie. Ek het egter geweet daar is iemand tussen die passiewe infrarooisensor en die slaapkamerdeur.”

Volgens Coleman was sy vuurwapen in sy regterhand toe hy die deur genader het. Hy het die deur met sy linkerhand oopgemaak. “Toe ek dit doen, het ʼn figuur vanuit die donker op my afgepeil en ek het instinktief daarop geskiet in ʼn poging om myself en my vrou te beskerm.”

Hy het gesê Trysie het kort daarna op hom geval en geskreeu. “Ek het met skok besef wat gebeur het. Ek het my vuurwapen neergesit en haar gehelp om plat te lê. Ek het die duvet van ons bed gevat, haar toegemaak en haar vasgehou en getroos.

“Ek het vir haar gesê ek gaan haar vir ʼn paar sekondes verlaat om my foon langs die bed te gaan haal sodat ek Cathy, my dogter, kon bel sodat sy vir ons so gou as moontlik hulp kon ontbied. My dogter is ʼn opgeleide paramedikus en sou weet hoe om die beste hulp in die vinnigste tyd by ons te kry.”

Coleman het bygevoeg dat hul plaas baie afgeleë is en dit “aansienlike kommunikasieprobleme” veroorsaak. Hy het gesê daar is met tye swak selfoonopvangs en Cathy kon daarin slaag om paramedici van Netcare 911 na die direkte koördinate van die plaas, “wat nie maklik is om te vind nie”, te stuur.

Een van Coleman se werkers het ook die ambulans by die pad ingewag “om seker te maak hulle sukkel nie om by ons uit te kom nie”.

“My dogter en haar man het ook dadelik na die plaas toe gekom om ons te help. Gegewe die ernstige aard van Trysie se besering en ons afgeleë ligging, is daar gereël dat Trysie so gou as moontlik met ʼn helikopter na die beste hospitaal geneem kan word.”

Hy het aangedui hy is diep teleurgesteld en hartseer deur “onakkurate en skadelike” mediaberigte wat ná die voorval deur sommige mediahuise gepubliseer is. “Dit was ʼn aaklige ongeluk en ek kan nie ophou om te dink aan die pyn en lyding wat my vrou nou daardeur moet ervaar nie, asook oor die gevaar waarin sy is.”

Coleman het beriggewing verwerp dat hy en sy vrou verhoudingsprobleme gehad het. “Om hierdie onwaarhede oor ons verhouding en oor die voorval te lees maak dit alles soveel erger en ek weet dit sal Trysie ook seermaak as sy daarvan bewus word. Ek weet sy is in goeie hande en hoop en bid sy sal ten volle herstel sodat ons die tragedie agter ons kan plaas.”

Coleman het versoek dat die publiek en die media die gesin se privaatheid en reg tot vertroulikheid in die moeilike tyd moet respekteer.

Trysie se familie het intussen die spesial ondersoek Mike Bolhuis aangestel om die polisie met hul ondersoek by te staan en om as woordvoerder op te tree.

Bolhuis het Vrydag aan Maroela Media bevestig hy is Maandag deur die familie aangestel.

“Die familie vermoed vuilspel en ons [Mike Bolhuis Specialised Security Services] is versoek om dit te bewys, al dan nie. Ons is besig met die ondersoek en sal dit doen. Ons verhoed tans enige vorm van beïnvloeding van die saak en daar is ʼn interdik in plek daarvoor,” het Bolhuis gesê.

Hy het gesê hulle sal haar weergawe dadelik neem sodra sy daartoe in staat is.

Volgens Bolhuis is Trysie stabiel. Sy word onder verdowing gehou, maar is nie meer van ʼn ventilator afhanklik nie. “Ons doen ʼn behoorlike ondersoek oor albei se lewens. Die familie sal hul slegs berus by die waarheid van wat gebeur het,” het Bolhuis gesê.

Kapt. Carla Hartley, woordvoerder van die polisie in Delmas, het Vrydag aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. “Die polisie kon weens die aard van Trysie se beserings en haar toestand nog nie haar verklaring afneem nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Boston ·

Ek stem nie saam nie. Hierdie verduideliking dra baie meer water as dié van Oscar. Dié man kon haar, gegewe sy ooreenkoms-verduideliking, wel vir ‘n inbreker aangesien het. Verder het hy haar nie aanhoudend geskiet om seker te maak dat sy dood is nie?! Tragiese situasie. Ons bid dat sy volkome sal herstel.

Belinda ·

Oh no! Hierdie is my woef se veearts…hyt my so mooi gehelp met woef?

Johan ·

En hierdie jaar se Oscar gaan aan …………………….

Adam ·

Onthou net Bolhuis is nou betrokke. Hollywood meets Bollywood!

DS ·

So hartseer. Wat as dit regtig ‘n ongeluk was soos met Vleis Visagie daardie tyd? Mense hou daarvan om te oordeel pasop dat jy nie eendag in dieselfde posisie is en ook geoordeel word nie.

m ·

Ek weet darem nie so lekker nie. As hy dan iets gehoor het, het hy nie langs hom in die bed gekyk en gesien sy vrou is nie daar nie en moes mos geweet het dit kan dalk sy wees….. hoe skiet mense net sommer om seker te wees op wie hulle skiet en dit in n woonhuis. Hy het mos nie alleen daarin gebly nie…… Hierdie is mos nou die ideale verskoning as jy iemand met opset wil skiet…

Nettie ·

As mens uit ‘n diep slaap uitkom, is jy nie dadelik 100% ‘by’ nie (altans, ek is nie – dit vat my so vyf sekondes om by te kom). Jy dink dus nie ‘straight’ nie en as mens bang is (hy is gewaak deur die waarskuwingstelsel in hul huis) is jou reaksie op snellerpunt. Tog moes dit etlike sekondes geneem het vir hom om tot by die deur te beweeg en het hy die ‘inbreker’ ingewag. Hy moes dus in daardie paar sekondes kon vasstel of sy vrou in die bed is langs hom, al dan nie. As hulle dan ‘n ooreenkoms gehad het om mekaar wakker te maak as die ander een uit die kamer gaan, hoekom het sy dit nie gedoen toe sy die kamer uitgegaan het nie of hy dit nie gedoen toe hy die ‘inbreker’ by die deur ingewag het nie? Nee wat, hy kan sê wat hy wil. maar sy storie klink maar vir my alteveel asof hy ‘n Oscar Pistorius wou trek.

cor ·

Dit is nie vrees nie maar dit gebeur om dat misdaad en anargie hoogty vier in die land en die maklikste is om te se ek het gedink dit is n inbreker. Mens maak eers seker jou geliefdes is by jou en veilig voordat jy triger happy raak. Ek het ook al uit n diep slaap ontwaak na n alarm en nog elke keer seker gemaak my mense is veilig en elke keer was die reaksie eenheid wat my alarm monitor op bystand op my foon. Erken net jy het te oorhaastig opgetree en n oordeels fout begaan .

Lora ·

Ek hoop die vrou oorleef (sonder geheueverlies!) sodat die waarheid kan seëvier!

Phumba ·

Indien dit vuilspel was sou hy mos so ‘n bietjie gewag het voor hy gebel het vir hulp of haar dalk net so ‘n bietjie aangehelp het.

Klink vir my soos skoon famielie wat kwaad stook.

Lenie ·

Net verlede jaar getroud…. waar is sy vorige vroue, indien enige.

Hannelie ·

Phumba Ek glo nie die skoonfamilie wil kwaad stook nie…..ek dink hul weet presies wat in daardie huwelik aangegaan het. En hoekom het hy nie gevra wie is daar nie……jy mag mos nie net skiet nie? Hy het geweet, wil jy my vertel hy nie gevoel sy vrou is in die bed nie? Dalk het sy in ‘n ander kamer geslaap en hy gedink hy sal dit as ‘n alibi gebruik. Inteendeel net die feit dat die familie Mike Bolhuis aangestel het, sê baie!

CAROL ·

Gaan elke saak waar man vrou skiet – Oscar se naam genoem word?? Hy is mos nou gevonnis. Los hom uit.

Nettie ·

Die Oscar saak was baie prominent en hoewel dit nou al bietjie vervaag het, sal dit nooit weggaan nie. Oor twee of drie jaar, wanneer hy weer geparool word, sal dit weer hoofopskrifte haal. Ekself kan die ooreenkomste tussen hierdie en die Oscar saak sien.

LMF ·

Jong as dit ‘vuilspel’ was sou hy mos bietjie langer gewag het voor hy hulp gekry het genugtig ons lewe in beangste tye ek glo hom tot en met sy vrou haar Kant van die storie kan vertel want nou is dit sy storie ons storie en mag sy gou herstel sodat sy haar storie kan vertel fluit fluit my storie is uit

Poppie ·

Hy het dan gewag. Haar eers vasgehou en toe duvet gaan haal en haar toegemaak. En toe vir haar gese hy gaan haar n bietjie alleen los om sy selfoon te gaan haal. As ek agterkom ek het my man per ongeluk geskiet kan hy maar op die vloer bly lê. Ek gaan so gou moontlik hulp ontbied. Elke sekonde tel… Iets is beslis nie pluis nie.

Ek wonder ·

Ons sal ook soiets kan oorkom. Wanneer die alarm afgaan, spring ons dadelik op om ondersoek in te stel. Daar is nie tyd om te kyk waar die ander een is nie. Dit het al dikwels gebeur dat een lank voor die ander op is en dan skŕik ons wanneer die ander onverwags verskyn. Ons beweeg ook in die donker en bly doodstil om nie jou posisie weg te gee aan ‘n moontlike inbreker nie. Sommigè opmerkings getuig dat sommige mense nog nie in so ‘n posisie was nie. Moenie opmerkings maak wat onnodige agterdog kan aanblaas en dalk onskuldige mense se lewens kan vernietig. Wag tot die ondersoek afgehandel is, gegrond op die ware feite.

Hennie ·

Dit sal wonderlik wees as Mike Bolhuis die klomp suurknolle hierbo verkeerd bewys. Ek glo hierdie man se weergawe, die alarm het afgegaan en hy het dadelik aksie geneem, dis waarvoor alarms daar is.

Ouvrou ·

Ek raak naar as ek sien hoe vinnig mense ander veroordeel. Sies!!!

Robert ·

Hoe ver slaap jy en jou vrou van mekaar af ? Slaap jy in die selfde bed maak dit net vir my sin om te voel of sy nog langs jou lê as jy wakker word of enige iets doen. Jy hoef net jou arm te beweeg.Tensy jy apart in enkel beddens slaap.
Mike Bolhuis klink vir my reg……

Piet Pompies ·

Uit die verklaring is dit duidelik dat die optredes om onskuld te bewys meer beklemtoon word as ander optredes. Dit is daarem lekker as jy geld het om ‘n geleerde aan te stel om jou sake met die media uit te sorter. Uit persoonlike gerief verkies hy dat mense hulle respekteer.
As dit by wette kom is almal gelyk, rykdom kan jou nie vrywaar van jou verantwoordelikheid.

anton ·

Ai die mense wat tog so vinnig is om te oordeel sonder dat hulle al die feite het.
Ek is tog so bly dat julle nie regters geword het nie!!!
Ek persoonlik dink as hy wel haar wou dood, hy nie net 1 skoot sou skiet nie maar seker maak en 2 of meer keer skiet.
Ek is opgelei om altyd n ”Double Tap” te doen. (2 skote) op jou teiken.

Js ·

Anton ek dink presies dieselfde. Boonop die ou is ‘n veearts, hy ken fisiologie – as hy haar wou dood he dan sy sou dood gewees het. Netso het hy toegang tot allerhande medikasie, as hy haar regtig dood wou gehad het kon dit hy op baie minder verdagte maniere gedoen het.

AD ·

Kom ek gee jou die tyd lyn Phumba en jy se vir my hy het berou of dit was a ongeluk…… 0357 ek skiet ….. ek bely dogter 90km weg…..die hospitaal is 25km weg …….. ek wag vir dogter te arrive …..sy bel die paramedics……. parameds arrive ….. stabaliseer die vrou…… helikopter land …..paramedics vra dogter wat doen jy……..vra dogter om toneel te verlaat……helikopter land 0630 by Milpark
…. vrou verloor …….60%bloed……. man bly by huis ….wag vir prokureur ……… skakel polisie om 0711……polisie arrive at 0815 ………..klink dit soos a man wat berou het …….. colman is a Dokter geen waarom wag hy vir dogter …….dit is gross nalatigheid van a dokter al is fit a veearts ……Hannelie jubdlaan die spykernop sy kop…..dit was die hof bevel gronde …..

AD ·

Anton en Js, julle is regtig waar goeie mense …….. want julle sou binne die eerste 24 uur vas getrek gewees het. ……want julle dink soos goeie mense…… a man met a agenda sal dit so doen om goeie mense te verlei

AD ·

Daar was doe genoemde swak cell sein…….maar Foe vrou kon haar pa skakel die selfde aand sonder probleem …….hy kon sy dogter bel sonder probleem ……maar hy het a probleem om die gereg en die paramedics te skakel wat op diens was …..fantastiese selektiewe cell stelsel wat ons land het.

AD ·

Js …….jy is dood reg hy het toegang gehad tot alle medikasie waar om dan sy dogter skakel en 2 ure wag voor hy iets doen……hy kon die bloed stop…… hy kon haar stabiliseer ….. hy kon haar binne 25 min by hospitaal gehad het maar nee hy wag a uur vir sy dogter en 2 ure vir a helikopter. ……..laat mens wonder ne …….. hy het berou en hy kan net dink watse pyn sy deur gaan ……laat mens dink ne

Ekke ·

AD. Sjoe maar jys darem n deskundige. Is jy dalk n forensiese ondersoek beampte. Ek hoor CSI soek deskundiges vir hulle nuwe reeks. Jy sal n goeie kandidaat wees.

AD ·

Anton …….so terloops jy double tap as jy perongeluk in jou vrou vas loop na jy die deur oop gemaak het…….ek.stress al klaar vir jou vrou se onthalwe.

anton ·

AD, versigtig om sommer n stelling te maak soos jy hier doen.
Gaan lees weer mooi en stadig wat ek gesê het dan sal jy sien wat ek eintelik probeer sê. Jy ruk nou alles uit verband!!!

Cherokee ·

En ek weer, vind jou jou analise interessant, AD. Ten minste interessanter as wat anton daarvan dink.

Hennie ·

Mike is ‘n gewese aartappel smous op die mark gewees. Kan nie dink mense vertrou hom nog. Kyk net wat het hy daai tyd met Joost se storie aangevang.

Claudia ·

Hennie, Mike het nog nooit op die mark gewerk nie. Sy oorlede broer, Brian Bolhuis, het.

Bella ·

Ek se Hy praat twak. As dit my suster, dogter, tante ens was………..Mag God haar volkome genees. Hou hom en goedgesindes die hospitaal mense.

Chris ·

Hennie stem saam met jou oor Mike. Vra maar vir mense die fout wat hul gemaak het om van Mike se “dienste” gebruik te maak en vra Mike se eie familie en van sy eks werkers wat sal bevestig. Iemand wat ek ken het gesê jy moet nooit vir Mike in jou huis toelaat nie. Hul self het ‘n groot fout gemaak.

Cherokee ·

Wonder waarom hulle nie Piet Byleveld aangestel het nie.

Avokado ·

Al hierdie kommentaar maak my bly dat ons land nie meer doodstraf het nie.

C ·

Ek hoop sy vrou word gou gesond en kan weer n normale lewe lei. Met die Oscar saak ook…..mense moet seker maak hul eggenoot is nog in die bed voordat hul opstaan om ondersoek in te stel met n revolver in die hand. Die oscar saak moes tog almal se oe oopgemaak het?

anton ·

Maroela, waarom is my kommentaar verwyder???
Absoluut niks snaaks of verkeerd aan my kommentaar gewees nie!!!

Cherokee ·

Gaan sê dit vir die regbank. Waarom hier? Laat weet Gerrie Nel, missis Masipa en dies meer.

Plaasboer ·

Ek lees nou so aan al die kommentare gelewer hier en kan nou vir julle sê 80% van die mense wat hier praat woon nie soos ons op plase nie. Ek self is n oorlewendige van n plaas aanval en kan nou vir julle se dis n split sekonde wat bepaal of dit jy of indringer is wat leef. Ek glo die boer se storie want het self al n indringer beleef in my woning op die plaas en dit het my 5 jaar geneem om my onskuld aan die howe te bewys. So ek sal aanraai dat julle dink voor julle praat asb dit maak mens seer wat jy lees op sosiale media veral as jy betrokke is en weet jy is onskuldig.

Cherokee ·

Plaasboer, die eerste fout (indien daar meer is) wat jy maak, is deur te sê 80%. is verkeerd, en dìt doen jy klaarblyklik sonder enige naslaanwerk. Dit behoort 90% indien nie 95% te wees. (Terloops, mense koop plotte en noem hulself dan plaaseienaars!) Ek het groot geword op 710morg gemengde boerdery waarna ek plaasdorp toe is vanwaar ek dekades later stad toe is. Nou is ek ‘n absolute stedeling (of stadsjapie). Indien daar ‘n tweede fout sou wees, sal dit wees omdat jy dit laat klink asof die kommentators snert praat, waarmee ek met jou verskil. Die meeste kommentare, eie ingesluit, wys bloot daarop dat julle jul sekuriteit moet opskerp (indien dit nodig is). Het jy ‘n probleem daarmee? Ek ken jou wêreld, het jong perde getem en koeie gemelk na skool. Het lande omgeploeg met ‘n Furgeson trekker, in ‘n kleigat gespeel en met ‘n kettie geskiet So jy woon nie werklik in ‘n ander wêreld soos jy graag sou wou dink nie (ten minste, nie vir ‘n ànder ten minste 10%).

anton ·

AD…….dit wil vir my voorkom asof jy baie meer inligting het oor wat hier gebeur het as wat selfs maroela het!

Maya Roon Joubert ·

As die veearts sy vrou wou dood maak, sou hy herhaaldelik kon geskiet het en seker gemaak het sy is dood – daar is ‘n ding soos skok wat ‘n mens beangs gevange neem! Ek lewe ook in twyfel na ‘n skietvoorval maar besef God regeer en sal beboet dien nodig, vir nou rou die man en kos die ongeluk hom sy loopbaan en ‘n klomp geld – ongelukke gebeur en bid ek laat hy homself kan vergewe!

Charmaine ·

Sover my kennis strek is ‘n veearts letterlik meer opgelei in die mediese rigting as enige gewone dokter en dis so snaaks dat hy sy paramedic dogter moes bel om te weet wat om te doen gedurende sy vrou se sietery!!! Maak regtig nie sin nie en die res van sy storie nog minder!!! Groot slang in die gras sou ek se!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoekom het die egpaar daardie aand ooreengekom om nie die kamer te verlaat sonder om die ander een te se nie. Hoekom het sy uit die kamer gegaan en toe die deur agter haar toegemaak? Ek mag verkeerd wees, maar ek dink ek het gelees hy het ook dadelik sy prokureur gebel. Haar toegegooi met ‘nduvet, en die vader weet wat alles wat vir my daarop dui dat hy nie in skok was nie. Dat hy ‘n veearts is dui daarop dat hy wel miskien minimale (?) mediese kennis het om iemand in nood te kon help. Bolhuis is ‘n goeie roep want hy het nie genade vir ongeregtigheid nie.

Genade ·

Ek verstom my aan die twak wat die lesers van hierdie artikel kwyrtaak. Het julle niks anders om te doen nie? Skryf julle eie speurverhale. Dit sal julle besig hou.

Sênet ·

4de vrou, snaaks sy het haar pa ‘n paar aande voor die voorval gebel om vir hom te sê sy is bang en sys baie lief vir hom, toe die foon skielik doodgaan. Daar was bewerings hy het haar van haar familie af weggehou. Wonder hoekom hy al 3 vorige vroue gehad het en waar hulle is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.