Veearts skiet vrou: Niemand nog in hegtenis geneem

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat ʼn veearts Vrydag in die vroeë oggendure sy vrou geskiet het toe hy haar na bewering in die donker vir ʼn inbreker aangesien het.

Kapt. Carla Hartley, woordvoerder van die polisie in Delmas, het aan Maroela Media gesê Trysie Coleman (58) is tans in ʼn kritieke maar stabiele toestand in ʼn hospitaal in Johannesburg nadat sy in haar maag gewond is.

Volgens Hartley het die skietvoorval op ʼn plaas tussen Delmas en Bronkhorstspruit gebeur waar Trysie en haar man, dr. Jessie Coleman (68), woon. Hartley het gesê Jessie beweer hy het in die nag wakker geword van die alarm wat afgaan en opgestaan en dit afgeskakel. Toe die alarm ʼn tweede keer afgaan, het hy opgestaan en sy vuurwapen, ʼn .45-kaliber pistool, uitgehaal om ondersoek te gaan instel.

“Die man beweer hy het nie gekyk of sy vrou in die bed was toe hy opgestaan het nie. Hy sê hy en Trysie het gelyktydig ʼn deur tussen die slaapkamer en die sitkamer oopgemaak. Hy sê dat hy net ʼn donker figuur gesien het, sy het gegil en hy het ʼn skoot afgevuur,” het Hartley gesê. Paramedici is ontbied en Trysie is later na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem.

“Ons het gister [Maandag] verneem haar toestand is kritiek, maar stabiel. Sy is aan ʼn ventilator gekoppel en word weens die aard van haar beserings onder verdowing gehou,” het Hartley gesê.

Sy het gesê die polisie kon uit die aard van die saak nog nie ʼn verklaring by Trysie afneem nie, maar ʼn saak van poging tot moord word intussen ondersoek. “Dit is nog te vroeg om te sê of dit wel ʼn ongeluk was of nie. Niemand is in hegtenis geneem nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Christo ·

Dis snaaks toe Oscar vir Reeva aangesien het as n inbreker en haar geskiet het was hy inhegtenis geneem. Lyk my ons het dubbele standaarde vir sekere mense.

Melissa ·

Presies wat ek ook gedink het..
soveel mense het die kommentaar ‘maar hoe kon hy nie sien of sy in die bed is of nie’ aangepor – en kyk nou -hier weer.

AL ·

Seker omdat Oscar 4 skote afgevuur het teen ñ toe deur van die klein toiletruimte?

Leon van Rensburg ·

Hy het haar deur ‘n toe deur geskiet! Hy kon die SAPS laat weet en net daar gewag het tot die “vermeende inbreker” sou wou ontvlug alvoor die SAPS op die toneel was. As die “lid” sou wou ontsnap kon hy die nodige stappe geneem het en die sneller getrek het.

Ek het ‘n inbreker ‘n jaar terug geskiet in my woonplek en my saak van moord is steeds op die rol. Maar ja, dit was wit op swart en nie wit op wit nie.

Boerseun ·

Dit is omdat Reeva dood was, en die ou se vrou nie. Groot verskil

Jakoba ·

Die verskil is dat Oscar Pretorius meer as een keer geskiet het, die dr het net een skoot afgetrek. Alty gereed om ‘n Oscar eier te le. Sien die mense wat so in TV sepies lewe is alweer gereed om eiers te le

AL ·

Buitendien dis ñ plaas en nie ñ huis in ñ sekuriteitskompleks soos waar Oscar gebly het nie.

Magda ·

Ek stem met jou saam Jacoba – dubbele standaarde ons Wet. En almal het altyd n eier te le – tot hulle in dieselfde situasie kom – en dan praat ons weer.

snoefie ·

of miskien…… omdat hierdie mense nie die hele aand op mekaar geskree het dat diebure hulle huise herder kon hoor nie.

Mauritz ·

Niemand is in hegtenis geneem nie want niemand is dood nie!!!

Genieve ·

Gelukkig lewe sy..dis net n kwessie van tyd tot sy herstel dan sal ons al die feite kan kry.

Ronell ·

Die vrou lewe nog, sy is nie dood nie. En sy kan ‘n verklaring afle as sy beter is.
Dis IS moonlik net a groot ongeluk.

Johann ·

Dit is die gevolge van al die geweld in die land, mense is in so ‘n hoë mate gestres dat hierdie tipe ongelukke nou plaasvind

Johanna ·

Mense wat op plase bly moet ongelooflik onrustig slaap. ek is seker dit was n ongeluk. kan net nie verstaan hoe n paartjie wat saam in een bed slaap nie kan sien as die ander persoon nie in die bed is nie.?

Boeta ·

As jy in so geval was sal jy weet mar julle was nie ek was, op dai paar sekondes dink jy nie jy is in skok so wag tot sy gesond is en hoor die storie

vytjie ·

In die geval neem ek die mnr nie kwalik. Hy ht net opgetree om hom EN sy vrou te beskerm. Sterkte aan Sy vrou. Dit WAS ‘n ongeluk

Rambo ·

Hoe kyk jy nie of jou vrou in die bed langs jou is nie maar jy gaan vuur ‘n wapen af? Ek wed jou as hy die bediende geskiet het wat vroegoggend ingekom het was hy reeds in die tronk .. Dit is ‘n swak verskoning man .. Ek en my man het onlangs ‘n scare gehad by ons huis ook in die vroee oggendure … .ons altwee het ons wapens gaan uithaal en ooreengekom hoe ons dit sou gebruik .. ons het heeltyd met mekaar gepraat . ons het heeltyd by mekaar uitgevind waar die ander een was .. maar nee .. RAMBO staan op .. doef skiet ‘n gat in sy vrou .. BOLLIE!

Amanda ·

Stem saam jou. Dit is die eerste ding wat ek doen as ek iets in die nag hoor. Soek my man. en dan staan ons saam op om te gaan kyk wat dit is.

Gert ·

As almal eiers le word daar seker gekyk wat broei uit…dis ‘n ongeluk nie moord nie en as my vrou my skiet in so ‘n geval sal ek verstaan waaroor dit gaan maar van julle kan regtig ‘n probleem van niks maak nie

Kosie ·

Dolus eventualis (maak mos nie saak wie jy skiet nie, lekker né). Poging tot moord, hy moet net hoop sy sterf nie.

Ettienne Swanepoel ·

Julle bly heel waarskynlik nie op plase nie. Die dat jul nie n idee het hoe dit is nie. Los uit die oom. So ongeluk kan baie maklik gebeur. Wrede rassemoorde en ja stemmers is hiervoor verantwoordelik, Nie die oom nie!

Willie E ·

Ja nee…daar trek die Oscar storie alweer…ai tog…..

Ettienne Swanepoel ·

Julle bly heel waarskynlik nie op plase nie. Die dat jul nie n idee het hoe dit is nie. Los uit die oom. So ongeluk kan baie maklik gebeur. Wrede rassemoorde en ja stemmers is hiervoor verantwoordelik, Nie die oom nie!!

Ettienne Swanepoel ·

Julle bly heel waarskynlik nie op plase nie. Die dat jul nie n idee het hoe dit is nie. Los uit die oom. So ongeluk kan baie maklik gebeur. Wrede rassemoorde en ja stemmers is hiervoor verantwoordelik, Nie die oom nie!!!

Tina du Toit ·

Kommunikasie is belangrik. As ek wakker word van `n geluid, maak ek my man ook wakker en as hy nie in die bed is nie, roep ek. My mense weet nou al as dit weer moet gebeur dat ons aangeval word en iemand word gunpoint gehou en sê val, dan moet hulle plat, want ek gaan skiet. Ons hoop maar die vrou maak dit deur dat sy kan vertel wat werklik gebeur het. Nie een van ons ken die waarheid nie.

n ·

ek wonder of die mense die berig mooi gelees het. die arme oom is 68, hy is oud. oumense kan nie altyd reg dink nie. al wat hy – glo ek – op daardie oomblik gedink het is daar is ‘n inbreker. hy het dalk so gestres, dan hy nie helder gedink het nie. hou op die omie dadelik veroordeel.

OU OMIE ·

As hy te oud is om ‘n goeie oordeel te fel is hy te oud om ‘n wapen verantwoordelik te gebruik en te besit. Ek het regtig baie simpatie met mense op plase, maar 68 is ook nie horingoud nie, en ek hoop nie hy gebruik sy ouderdom om homself te verdedig nie. OUMENSE kan nie reg dink nie? Wel dan moet hy beslis nie meer ‘n vuurwapen he nie. . jammer . dan moet hy en die tannie in ‘n aftree-oord gaan bly waar hulle veiliger is. Hy kan nie net wild en wakker aan die skiet gaan nie, wat sou gebeur het as sy kleinseun of dogter die aand daar oorgeslaap het? EK het baie simpatie met misdaad in SA . maar asb .. gebruik STEEDS julle wapens OORDEELKUNDIG >. dit is hierdie soort goed wat veroorsaak dat al ons wapens op die ou einde ingedien gaan moet word !!

Penellope Jones ·

Mens se senuwees is so rou en op hol van al die misdaad en moord dat die geringste geluid of enigsiets buite die normale mens laat optree, soms irrasioneel.
Voorspoed aan die egpaar.

AD ·

Die vrou het haar pa geskakel dieselfde aand en gehuil….n geskiednis van probleme……die man is a wild jagter….hy laai sy eie ammunisie……hy het a .45 Pistool gebruik ……hoe gaan a pistool af as jy in iemand vas loop…….Polisie nog nie eers projektiel gevind nie……. hartseer !

Ek ruik rot ·

Ek stem iets is nie lekker daar was probleme tussen hulle ek bly ook op n plaas as daar n geluid is kyk kyk jy eerste waar is j maat. Hy is 68 nie 86 Oud op 68 my voet my man is 65 en sal enige 40 jarige n goeie go gee liggaamlik en geestelik

"Eksê" ·

My vrou het onlangs van die bed afgeval met ‘n dowerende geluid op die vloer. Dit het my laat penregop sit in die bed.
eerste ding wat ek gedoen het is om haar wakker te maak en vra het jy dit ook gehoor? En toe sien ek net ‘n gedaante wat hier langs die bed orent kom en sê;”ekt afgeval”!
snert many! Hoe soek jy jou ander helfte vir verdere versterkings nie. Ons is nie meer kinders nie whoo!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.