Veearts sterf tydens Queenstown-helikopterongeluk

Freek Snyman (Foto: Facebook)

Een persoon is dood en een beseer toe ʼn helikopter Woensdag in ʼn wildreservaat naby Queenstown in die Oos-Kaap neergestort het.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid (BLO), het aan Maroela Media bevestig ʼn Robinson RH22-helikopter met ʼn vlieënier en passasier aan boord het neergestort. “Volgens die inligting wat ons ontvang het, is die vlieënier beseer en die passasier het noodlottige beserings opgedoen.”

Volgens hom is ondersoekbeamptes na die toneel ontbied.

Maroela Media verneem die passasier wat in die ongeluk omgekom het, is George Frederik (“Freek”) Snyman, ʼn veearts van Port Elizabeth.

Joshua Cilliers is die vlieënier wat in die ongeluk beseer is. Hy is tans in ʼn hospitaal in Queenstown. Sy ma, Eurika Cilliers, kon nie dadelik verdere besonderhede aan Maroela Media verskaf nie.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

Joshua Cilliers. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jacques ·

Ons het nie woorde nie en ons harte is in stukke! Ons is ongelooflik jammer om te hoor van Freekie. Baie baie sterkte! Ons bid vir vertroosing en genesing van hartseer

Velle ·

Daar was al n hele paar insidente met hierdie tipe helikopters. Is die tipe regtig veilig? Laat die kenners maar hul mening gee

Adriaan Hattingh ·

Die tipe helikopter is nie soseer onveilig nie. Hulle word egter baie in die wild bedryf gebruik waar die risikos uit die aard van die werk wat gedoen word hoër is. In hierdie spesifieke geval het die helikopter na bewering in kragdrade vasgevlieg.

Desiré ·

Rus in Vrede Freekie! Jy was n Fantastiese mens gewees met n passie vir diere! Jy gaan baie gemis word deur baie mense! Baie sterkte aan die gesin en jou Vrou! Julle is in ons gebede!

Christien vd Westhuizen ·

Ai my hart breek aan miljoene stukke as ek sulke hartseer nuus hoor BAIE sterkte aan die familie hou styf vas aan Jesus

Amanda ·

Liza, Freek, Marlise en Christine en res van familie. Sterkte bid vir julle in hierdie moeilike tyd.

Surika Brunsdon ·

Wat n voorreg om n mens soos jy te ontmoet het Dinsdagaand jou vrou is jou alles en jy het n passie vir jou werk gehad. Alle meegevoel aan die familie. Riv George Thaba Thala Safaris

Theresa B ·

Dis baie hartseer. Mens het nie woorde nie, maar so pluk die Here die mooiste blomme eerste. Baie sterkte en vertroosting aan sy vrou, familie, vriende en kollegas. Hoop jy herstel ook vinnig Josua.

Theresa B ·

Dit is baie hartseer. Mens het nie woorde nie maar so pluk die Here sy mooiste blomme eerste. Baie sterkte en vertroosting aan sy vrou, familie, vriende en kollegas. Hoop jy herstel ook vinnig Josua.

Andre ·

Alweer ‘n Robinson helikopter. Mense dié goed is doodskiste wat net effe kan vlieg.
My innige simpatie vir al die mense wat geliefdes veloor het.

Ryno ·

NOG ‘n Robinson R 22?! Ek sal nie in daai helikpter vlieg nie, al betaal jy my. Elke liewe helikopter ongeluk die laaste paar jaar was ‘n R22.

Clint ·

Velle, Andre en die wat navrae oor helikopters het. Julle moet onthou dat soos julle met julle voertuie na jul werk ry of vir werk gebruik is die helicopter/ vliegtuig weer ander se werksvoertuig. Net soos daar ongelukke op die paaie plaasvind so gebeur dit in die vliegbedryf ook. Niks met tipe helicopter te doen… Ongelukke vind maar ongelukkig plaas. Sulke insidente is maar altyd sleg … sterkte aan familie..

Perspektief ·

Dit is nie noodwendig die helikopter nie. Die Robinsons bied bekostigbare en betroubare helikopter eienaarskap…maar, dit bly tog duur as jy die regte onderhoud doen en “refresher” kursusse bywoon. Die operateurs moet op standaard wees en op datum bly en die helikopters moet gereeld gediens word. …in baie gevale ontbreuk veral die laas genoemde, met duurder gevolge….

Adriaan Hattingh ·

@Andre / Ryno / Perspektief sien my antwoord aan Velle hierbo. Die tipe helikopters word baie in die wild bedryf gebruik met gepaardgaande hoër risiko wat aan die aard van die werk gekoppel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.