Drie veeartse is vandeesweek oorval en aangehou terwyl hulle ’n operasie op ’n dier by ’n dierekliniek in Bryanston in Johannesburg uitgevoer het.
Andre Snyman, stigter van die veiligheidsnetwerk eblockwatch, het aan Maroela Media gesê vermoedelik drie verdagtes het Woensdagmiddag by ’n dierekliniek in Grosvenorweg ingestorm en dadelik na die vertrek beweeg waar drie veeartse aan ’n dier geopereer het.
Volgens Snyman is die veaarste, van wie een ’n swanger vrou, vir sowat 30 minute in die vertrek aangehou, voordat die verdagtes met persoonlike besittings op die vlug geslaan het.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Die dierekliniek is intussen geidentifiseer as die Bryanston Avian Exotic and Small Animal Clinic.
Volgens Snyman blyk dit om ’n nuwe neiging onder rowers te wees om diereklinieke te teiken. Dít nadat verskeie diereklinieke in die omgewing die afgelope jaar onder rowers deurgeloop het. Dit sluit ’n dierekliniek in Lonehill in.
Kapt. Granville Meyer, woordvoerder van die polisie, het intussen die jongste voorval aan Maroela Media bevestig.
Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof.
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Nou waarom is hulle nie ook meer paraat in veearts klinieke as by ander besighede nie ? Niemand kan vertrou word nie en waaksaamheid kan nerens verslap word nie. Enigeen kan ‘n slagoffer van rooftogte en geweld word
Waarom moet ons in ‘n semi-oorlogsituasie leef omdat staat NIE sy burgers beskerm? Sulke struikrowers moet gevang en lyfstraf toegedien word. Vergeet van MRK.
Wanneer kan ons ASB weer ‘n veilige leefbare SA terugkry?
Veeartse werk nie vir kleingeld nie, dink dit het hulle nou besef, as nog ń maklike teiken, skandelik om hulle om hulle vir 30 min aan te hou, terwyl hul besig was om te opereer, maar ook nou weer, wat gee hulle om.
Veeartse, almal in die land moet maar paraat wees…..
Hulle maak maar net wat die regering en die kaders maak roof van die oggend reg deur tot die volgende dag. Dit is nou tydverdryf.
Ek sou graag wou weet watse dier in die teater was en of dié darm ook oukei is.