Veebedrog: Albei broers nou agter tralies

(Foto: Rawpixel/Unsplash.com)

Gerhardus Smit (52) is 15 jaar direkte tronkstraf in die streekhof op Lichtenburg in Noordwes opgelê nadat hy ʼn boer van die streek uit meer as R2 miljoen bedrieg het.

Smit is ʼn broer van Daniël Smit (50) wat in 2017 tien jaar tronkstraf gekry het vir veebedrog van nagenoeg R6 miljoen.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê Gerhardus Smit het ʼn boer genader en hom as ʼn vee-agent voorgedoen. Hy het aangebied om die boer met die verkoop van 208 stuks vee te help.

Smit het die beeste vir meer as R2 miljoen verkoop en die geld daarvoor is in sy rekening inbetaal.

“Pleks daarvan dat hy die geld aan die boer oorbetaal het, het hy die boer bedrieg en aangevoer dat die geld nog nie betaal is nie,” het Rikhotso gesê.

Smit is in Januarie verlede in hegtenis geneem en is aanvanklik op borgtog van R50 000 vrygelaat. Na verskeie hofverskynings is hy verlede Dinsdag gevonnis, het Rikhotso gesê.

Daniël se vonnis was aanvanklik in geheel vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy die boere wat hy verneuk het vir hul verlies vergoed. Hy het egter nie die opskortende voorwaardes nagekom nie en sy tronkstrafvonnis het in Februarie verlede jaar in werking getree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leon Pit ·

Kry vir jou jou Boere verneeker.
Lê en tel skaapies on die aande agter jou trellie deur.

Eish ·

Asof ons boere nie alreeds gebuk gaan, onder verskeie aanslae nie.

John ·

…. ons naaste… maar ons wonder nie hoekom dit so sleg met ons Afrikaners gaan nie. Die Vader het nie die Jode gestraf omdat hulle nie agter ander gode se mense aangehardloop het nie maar oor hul eie oortredings

SjN ·

Nie die naam boer werd nie, hoop hy kry wat hy verdien in die tronk.

Zoro ·

Dit beskou ek as innoverende sake lui op sy béste n droom span.

Koos de Meyer. ·

Dit lyk vir my asof mense nie meer ‘n gewete het nie. Wat het in ons mensdom ingevaar. Besef mens nie dat jy in die hiernamaals verantwoording gaan doen vir jou dade hier nie.

Cherokee ·

Koos de Meyer, somtyds wanneer ek kommentare soos joune lees, dan wonder ek of oortreders wat op aarde gestraf word vir hul dade, weer daarvoor gestraf sal word. Ons dien ‘n regverdige God.

Ook ingedoen ·

Koppel hierdie swendelaar met jan labuschagne wat homself en sy vrou jolanda verlede jaar Mei geskiet het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.