Veediefstalsaak: Vyf bly eers agter tralies

Jan-Spruyt Steenkamp en Cornelius van der Walt is twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. (Foto: SAPD)

ʼn Prokureur van Pretoria en sy vier medebeskuldigdes sal minstens nog ʼn week agter tralies moet deurbring nadat hulle vroeër vandeesweek op aanklag van veediefstal en besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem is.

Jan-Spruyt Steenkamp (32), Cornelius van der Walt (55), Lucas Magagula (35), Sibusiso Mabuse (43) en Vusi Mhlongo (34) het vandeesweek in die rondgaande hof in Breyten, Mpumalanga, verskyn. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by die diefstal van 334 beeste ter waarde van R3,1 miljoen.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, sê die vyf sal in aanhouding bly tot 17 Mei wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Een van die vragmotors waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Aanvanklik is 12 verdagtes in verband met die saak in hegtenis geneem, maar nadat die verdagtes Donderdag in die Ermelo-landdroshof verskyn het, is die aanklagte teen sewe van hulle teruggetrek.

Maroela Media het vroeër berig die vyf beskuldigdes is Dinsdagaand in die Breyten-omgewing in hegtenis geneem nadat die polisie inligting gekry het oor ʼn “ooreenkoms” wat glo aangegaan is. Lede van Middelburg se veediefstaleenheid het ʼn operasie van stapel gestuur met die bystand van ander eenhede en ʼn private veiligheidsmaatskappy, Anti-Crime Security Unit (ACSU).

“Die lede het op twee vragmotors afgekom wat vol vee gelaai is en ʼn derde vragmotor wat hulle nog besig was om te laai,” het brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, vroeër gesê. Volgens Hlathi het die polisie op die drie vragmotors, ʼn bakkie en R95 000 kontant beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

Aai tog!

Griet

Sal die ou mensdom, dan nou nooit leer nie..? Tragies,om vir so min,nou so baie moeilikheid te hê

Elna

Ai tog. Ek voel jammer vir hulle want hulle moes van beter geweet het aangesien hulle regsgeleerdes is. Sterkte vir julle hoop maar julle gaan los kom.

Wonner

Ai siestog nou is die diewe gevang.Wat van die boere wie se beeste dit is???O ja baie dink mos ons het GLO baie en kry dit verniet.

Bert

Elna, is jy mal?
As bewys kan word hulle het dit gedoen moet hulle lank sit.