‘Veediewe’ het skape in kattebak gestop

(Foto: SAPD Noordwes)

Twee van vyf vermeende veediewe, tussen 33 en 43 jaar oud, is Woensdagoggend vroeg in Jouberton naby Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes sal Donderdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklag van veediefstal en die besit van gesteelde vee.

“Die verdagtes is aangekeer ná ʼn boer in die Paardeplaas-gebied, naby Hartbeesfontein, die polisie in kennis gestel het dat sy skape Dinsdagaand gesteel is,” het Makau gesê. Volgens inligting is 39 skape uit die boer se kraal gesteel.

“Die verdagtes het met twee voertuie gery en hulle is in hegtenis geneem toe die polisie hulle voorgekeer het. Hulle kon nie ʼn behoorlike antwoord verskaf oor die 29 skape wat in hul voertuie vervoer is nie. Nog inhegtenisnemings word verwag.”

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die Stilfontein-veediefstaleenheid gelukgewens met die vinnige reaksie. Kwena moedig alle boere en vee-eienaars aan om seker te maak hul vee is gebrandmerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jr ·

Hierdie land en die dinge wat gebeur laat jou net sug en jou kop skud. Niks verbaas n Suid Afrikaner meer nie. Dis om van siek te word

Wondermaarnet ·

Boender die diewe in ‘n kattebak en los hulle daar sodat hulle kan voel hoe dit voel om ingehok te wees.

Agie ·

Kan jy glo? 29 skape in 2 voertuie. Diefstal en Dieremishandeling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.