Veediewe kry tronkstraf

Argieffoto

Argieffoto

Twee veroordeelde veediewe is in ʼn Noordwes-hof gevonnis nadat hulle vyf jaar gelede Afrikanerbeeste ter waarde van R90 000 op ʼn plaas gesteel het.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die mans, Mokoena Petrus (26) en Pheko Tinkane (39), is Donderdag in die Bafokeng-streekhof in Tlhabane tot vyf jaar tronkstraf gevonnis sonder die opsie om ʼn boete te betaal.

“Die beskuldigdes is op 16 Augustus 2010 deur die polisie se veediefstaleenheid in Tlaseng naby Phokeng in hegtenis geneem. Hulle het die Afrikanerbeeste op ʼn plaas in die Rietspruit-omgewing gesteel en dit by ʼn veiling verkoop,” het Moleko gesê.

Petrus en Tinkane gaan hul tronkstraf by die Mankwe-gevangenis in Mogwase uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

irene ·

Joe veediefstal is steel kry 5 jaar goed maar as jy moordpleeg sit jy een jaar en kom uit hoe is ons regstelling is a dier se lewe dan beter as a mooi jong meisie

Daan Erasmus ·

Irene. Irene. Nog een wat slimmer as die regter is. Sy het dag na dag die FEITE aangehoor. Op wat basseer jy jou mening. Beslis nie feite nie. En jou spelling.!

lies ·

5 jaar gelede in hegtenis geneem, en nou gevonnis?? Yeah! Lol

arie plaasboer ·

In plaas daarvan om mekaar aan die keel te gryp oor kleinlikhede, waarom prys ons nie liewer die polisie aan nie en spoor hulle aan om die wyse waarop hierdie saak opgelos is, as `n MODUS OPERANDUS uit te bou nie.

GES ·

As hulle in aanhouding was, terwyl hulle verhoorafwagtend was en nou eers gevonnis is, beteken dit 10 jaar. Verstaan ek dit reg? As dit die geval is,het die boere darem ‘n blaaskans gehad van hierdie skuim se teistering. SAPD wel gedaan!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.