‘Veediewe’ loop hul rieme styf

Die verdagtes se motor nadat dit die paal getref het. (Foto: SAPD)

Twee vermeende veediewe is onder polisiebewaking in ’n hospitaal opgeneem en nog een is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes hul agternagesit en hul voertuig ’n paal getref het.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, sê lede van die plaaslike taakspan het ’n verdagte motor in Mariannhill aan die buitewyke van Pinetown opgemerk en dit agternagesit.

Die verdagtes het tydens die jaagtog na bewering skote op die beamptes afgevuur wat op hul beurt teruggeskiet het.

“Die verdagtes se motor is deur aankomende verkeer vasgekeer en dit het ’n paal getref.”

Die bok wat in die voertuig gevind is. (Foto: SAPD)

Volgens Mbele is drie verdagtes in die besit van twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie op die toneel aangetref en in hegtenis geneem. ’n Bok is ook in die verdagtes se motor aangetref.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die bok in die omgewing van Panekeni gesteel is.

Die 22-jarige verdagte wat tans in aanhouding is, sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Pinetown verskyn op aanklagte van poging tot moord, die besit van gesteelde eiendom asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Sy makkers sal sodra hulle uit die hospitaal ontslaan is, op dieselfde aanklagte in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Juffrou ·

Lê lekker in wit lakens en kry borde vol kos. Op ons onkoste. Gaan lê jy bietjie in die hospitaal én doktersbehandeling en almal weet wat dit ons kos! Dié is veediewe komaan!

Blikkantien ·

Ek haal my hoed af vir verpleegpersoneel wat diewe en moordenaars moet versorg. Hulle is beter mense as ek…

Jakes ·

Dis nou n bok vir sports. Natuurlik gaan dit verdag lyk as jy met n bok in jou kar rondry. Ek kannie help om te lag vir die mannewalus wat hierdie perde aanvang nie. Wat is volgende, n lewendge koei of perd in die kar? Sluit toe en gooi die sleutel ver weg.

Chris ·

Gelukkig het die bok nie bestuur nie anders het hulle weggekom.

lodewyk ·

Nou Cele hierdie ouens het wapens by hulle gehad,jy wil die wapens weg vat van die wetige wapen eienaars??-dus nou vra ek die vraag hoe beskerm jy jou self teen die vee diewe as jy nie n wapen het nie maar hulle het onwetigge wapens in hul besit -Ek sal laaik dat die episode aan hom gestel word en ek weet nie of hy bekwaam sal wees om dit te beantwoord nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.