Twee vermeende veediewe is Sondagoggend danksy ʼn oplettende lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) naby Phokeng in Noordwes vasgetrek.
Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn GPF-lid het in die vroeë oggendure ʼn verdagte bakkie met ʼn kap in die Boshoek-omgewing opgemerk. Hy het die polisie in kennis gestel en hulle het die inligting opgevolg en die bakkie voorgekeer.
Agterin die bakkie het polisie 16 boerbokke ter waarde van ongeveer R20 000 gevind. Twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem.
“Die bokke is later positief geëien deur die dankbare eienaar wat in die Moruleng-nedersetting woon,” het Mokgwabone gesê. Hy het gesê ʼn voorlopige ondersoek het daarop gedui dat die verdagtes met ander sake van veediefstal verbind word.
Die verdagtes sal Maandag in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane verskyn.
Een se maak dood en ander hoor maak groot
Bakkie lyk soos swaer sn .haha ha
Is die diere darm alright, oor die res is ek gladnie, maar, gladnie bekommerd nie, Waar kan ek geld skenk vir die diere?
Oorhandig die diere aan die wettige eienaar en die diewe aan die gemeenskap, sal hul vinnig uitsorteer
Boer-bokke? Goeie smaak van die eienaar.
Lekker gesmile vir al die goeie kommentaar op hierdie berig. Sulke bekke moet jam kry.
Sulke bekke moet jam kry.
Hoe op aarde hulle 16 groot boerbokke agterop / in daardie bakkie gekry het is `n wonderwerk – die verdagtes moet bedags erens aan die taxi bedryf gekoppel wees.