‘Veediewe’ vas ná skietgeveg

(Argieffoto ter illustrasie: Yolandi Kruger)

Twee vermeende veediewe is Woensdag in hegtenis geneem nadat daar ʼn skietery op ʼn plaas naby Dewetsdorp in die Vrystaat plaasgevind het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ʼn boer het die Parkweg-polisie se veediefstaleenheid Donderdag omstreeks 09:30 in kennis gestel dat altesaam 54 van sy skape gesteel is en dat die verdagtes se spore in die rigting van Thaba Nchu, naby Bloemfontein, lei.

“Lede van die veediefstaleenheid het na die plaas gegaan en begin spoorsny. Terwyl hulle besig was met die ondersoeke, het die boer hulle meegedeel dat die veediewe op hom skiet en dat die gemeenskap hom kom bystaan het,” vertel Makhele.

ʼn Skietgeveg het hierna tussen die polisie en die verdagtes uitgebreek.

Een van die verdagtes (20) is deur ʼn gemeenskapslid met ʼn knopkierie en sambok bygekom net voordat die polisie hul verskyning gemaak het. Die tweede verdagte (25) is in die been geskiet tydens die skietgeveg met die polisie.

“Albei verdagtes is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal in Bloemfontein geneem vir verdere mediese behandeling.”

Die polisie is steeds op die spoor van ʼn derde verdagte.

Die polisie het op twee vuurwapens, ʼn 9 mm- en .32 kaliber-pistool, asook ammunisie beslag gelê. Altesaam 53 van die skape is op ʼn plaas naby Thaba Nchu teruggevind.

“Die verdagtes is oorspronklik van Lesotho, maar bly tans in Thaba Nchu.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stefan

So daar is nog steeds ‘n skaap en ‘n dader weg.

Termiet

Tipies liberalne jornalistiek om spesifiek na die knopkierie en sa mbok te verwys.

Oom Hennie Pennie

Pragtig Boere.

Androclus

Lesotho burger en buitelanders is ‘n groot probleem hier in SA van die anc se land.

Louis

Ons is maar nog net waar ons was in die 1900’s. Steeds die oorgrens gestelery, omdat hulle te lui is om self iets te doen. Dis natuurlik ook apartheid se skuld dat Lesotho se burgers so sukkelende is.