Veeltaligheid, maar nie Afrikaans nie, by universiteite aangemoedig

Dr. Blade Nzimande. Foto: Kopano Tlape/GCIS

AfriForum neem kennis van die taalbeleidsraamwerk vir openbare instellings vir hoër onderwys, wat op 30 Oktober 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is. Dié beleid word hiervolgens deur dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie gepromulgeer. Dit verskaf die raamwerk waarbinne openbare instellings soos universiteite hul taalbeleide moet opstel. Dit het tot stand gekom ter aanvulling van die taalbeleid vir hoër onderwys van 2002, nadat weinig sedert 2002 gedoen is om die gebruik van inheemse tale aan hierdie instellings te bevorder.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, word dit verwelkom dat die raamwerk beklemtoon dat ruimte vir meer tale as net Engels aan openbare instellings geskep moet word en dat dié instellings aangemoedig word om meer te doen om inheemse tale te bevorder. Terselfdertyd kom dit voor asof die raamwerk se definisie van inheemse tale nie Afrikaans insluit nie, wat kommerwekkend en aanvegbaar is.

“Die aanhef tot die raamwerk verklaar dat dit ’n hersiening van 2002 se taalbeleid vir hoër onderwys is en poog om die uitdaging van die onderontwikkeling en onderbenutting van amptelike Afrikatale by hoër onderwysinstellings die hoof te bied, terwyl die standaard en gebruik van tale wat reeds ontwikkel is, in stand gehou word,” verduidelik Bailey.

“Laasgenoemde klink na bemoedigende nuus vir Afrikaans, maar helaas is die werklikheid dat Afrikaans die afgelope dekade feitlik geheel en al uit openbare hoëronderwysinstellings gedryf is. Dit is dus van weinig betekenis vir die behoud van Afrikaans as medium van onderrig op tersiêre vlak. Dit is positief dat die waarde van veeltaligheid by instellings sterk beklemtoon word. As ideologiese agendas uit prosesse geweer sou kon word, sou die raamwerk tog die weg vir ’n beter toekomstige taalbestel aan universiteite kon baan.”

Bailey sê teen hierdie agtergrond beskou, is dit ironies dat die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) by die konstitusionele hof aansoek gedoen het om verlof om te appelleer teen die uitspraak van die hoogste hof van appèl vanjaar ten gunste van AfriForum se aansoek dat Afrikaans as onderrigmedium aan dié instelling behou word.

AfriForum sal die inwerkingstelling van die taalbeleidsraamwerk moniteer om te verseker dat Afrikaanse studente se taalregte so ver as moontlik beskerm word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Susan ·

Lyk my al wat hulle bevorder het tot dusver is om ons taal Afrikaans uit di universiteite uit te hou en never mind hulle tale te bevorder since 2002??
Hoop ons baklei voort met di behoud van ons taal. Hulle sal optogte hou as ons hulle tale moet uithou uit di universteite

Ratel ·

“never mind” en “since”? Baie mooi Afrikaans as kommentaar oor Afrikaans…

Mad Mike die Rhodesiër ·

Waarom nie Afrikaans nie? Toe my familie hierheen geëmigreer het van Rhodesië af in die 70s, kon ons nie ‘n woord Afrikaans praat nie. Ons het Afrikaans geleer praat soos Afrikaners. Ek glo die verskoning is dat dit ‘n WIT taal is, maar hul vergeet daar is baie nie-wittes (kleurlinge, swartes en Indiërs) in Kaapstad wat ook Afrikaans praat. Afrikaans is heel eerste deur Maleiers gepraat (my stiefma was een, so ek weet). en dis waar die sogenaamde “kombuistaal” bynaam vir Afrikaans vandaan kom. Dis tyd dat Afrikaans erkenning kry soos dit hoort.

Ilze Kirchner ·

Wat het geword van dis jou reg om in jou eie taal te studeer? Of pas die skoen nou weer net aan sekere voete? As ons in engels moet studeer moet die ander ook dan…even the playfield…

Kompas ·

My seun is by ń sekere voorheen Afrikaanse Universiteit. Hulle word verbied om Afrikaans te praat as hul die koshuis aanspreek. Alles word in Engels gedoen. So word ons taal stadig maar seker uitgedryf.

Nici ·

Sowat 15 jaar gelede was die skrif al teen die muur, nee seker baie langer. Afrikaners moes toe al eie instellings opgebou het van nuut, maar wou aanhou glo dat die ANC sal die pad deel met ons.

annie ·

… waarom dit verwelkom is Afrikaans nie welkom is nie. Hoop ons om so die arm van die mes te knak? Daar is ‘n openlike vendetta teen Afrikaners en hul taal en hul eiendom. Vergeet dit om alle rasse wat Afrikaans nuttig, te wil benut. Dit gaan nie werk nie en net nog probleme skep met ‘n soort ANC Lite.

nell ·

Afrikaner en alles wat Afrikaans is en in die pad staan van die ANC se duistere motiewe, moet uitgeroei word. Onthou die ANC dans na die ”Pied Piper” se pype. En ons weet maar alte goed wie dit is.

Hennie ·

Wys jou net hoe kragtig Afrikaans is en tweedens hoe bang die ANC is daarvoor…

AmY ·

Dan moet ons ons kinders maar na private universiteite toe stuur.
Nie dat ons kinders probleme gaan hê om in Engels te studeer nie, maar as ons taal nie goed genoeg is nie, is ons geld mos ook dan nie goed genoeg nie…

Deon ·

“Daar het eendag n doringboompie vlak by die pad gestaan”, dis n reel in n “gedig” wat gaan oor afrikaans wat vertrap word maar net elke keer opstaan en sterker groei….. Afrikaans is n taal wat binne in Suid Afrika ontstaan het, daar is min tale wat dieselfde reg as Afrikaans in Suid Afrika het. Wat het hulle al gedoen om leer materiaal vir onderrigs instansies in Afrika tale voor te berei? Dus, ek glo nie hulle sal regtig 100 persent aan die gang kom met onderrig in ons ander lands tale behalwe engels en afrikaans nie. Net nog n klomp dwarrelwinde om ons humeure om te dop en ons aandag van hulle gestelery af te trek…. LOS MY TAAL UIT. Daar is n engelse gesegde, you can have my boots, but you wil never have my soul.

Persheks Adri ·

Dis ons grondwetlike reg om ons taal te praat! As hulle nie ‘n probleem het met ons kleur nie dan is dit ons taal. Ons is boere en ons bly afrikaans!

gatgogga ·

Die enigste moontlike oplossing is ‘n onafhanklike volkstaat.

Blomme ·

Praat van Rassisme in die Eerstegraad! Die regering bevorder rassehaat op groot skaal met hul eensydige wetgewings!!

Nici ·

Die ANC het met hul 11 amptelike tale by Kodesa hulle plan om Afrikaans uit te faseer duidelik gemaak. Hoekom Afrikaners nie deur hierdie slinkse plan kon sien nie weet ek nie, maar wat ek wel weet is dit: die enigste manier wat Afrikaans gaan uitstyg en geleenthede vir ons kinders bied, is as die Afrikaner sorg dat dit gebeur. As ons gaan wag vir ‘n hopelose regering dan gaan ons net meer tyd mors. Die enigste manier om Afrikaans te laat lewe is om dit ‘n gerespekteerde taal te maak wat mense begeer om in te studeer en dit kan net gebeur met private Christelike kolleges en universiteite van wereld gehalte.

Willie ·

Alle Afrikaans sprekendes behoort onomwonde standpunt in te neem dat Afrikaans ingesluit word in die beleidsraamwerk. Deur aantedring dat Afrikaans onderrig word en op alle vlakke by universiteite gebruik kan word kab ons verseker dat die taal gebesig sal word

Einstein ·

Ek SAL Afrikaans praat, en probeer my stop! “Praat Afrikaans of hou jou bek”

Genis ·

Snaaks ek verstaan ook nie meer Afrikaans as die ander dam se gaanse bedel nie…

JohanR ·

Julle, die ANC sal dit ‘n wed moet maak, maar julle sal nooit en nooit en nooit Afrikaans doodmaak nie!

Alma ·

Ek wil my slap lag oor die hele Afrikaans sage. Ons sal n sukses maak no matter what.

Derek ·

Dit is nie vir enige minister om te besluit oor afrikaans nie, dit is ons reg. Die regering het vir jare niks gedoen om veel taligheid te bevorder nie, maar eerder n uitheemse taal in almal se keel gate af te dwing. Dit grondwet is vir almal in SA, nie net vir wie hulle besluit nie.

Jessica ·

Nie net slag hul al die Afrikaanse mense nie, nou wil hul ons taal wegneem. Bou julle eie bleddie Universiteite man, en los ons goed uit! Maar nee, demoon se kind wil eerder brand en breek… ai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.