Veertien stropers in sewe dae in Krugerwildtuin aangekeer

Argieffoto: SANParke

Argieffoto: SANParke

Altesaam 14 vermeende renosterstropers is oor die afgelope sewe dae in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.

Reynold , woordvoerder van SANParke, het gesê die inhegtenisnemings volg ná ʼn gesamentlike poging deur SANParke, die weermag en polisie.

“Die verdagtes is in afsonderlike voorvalle in verskillende dele van die wildtuin in hegtenis geneem. Al die inhegtenisnemings hou verband met renosterstropery aangesien almal ammunisie in hul besit gehad het,” het Thakhuli gesê. Hy het gesê daar is beslag gelê op vyf hoëkaliber-jaggewere en ander toerusting wat gebruik word om renosters mee te onthoring.

Die sukses word onder meer toegeskryf aan die Krugerwildtuin se voortdurende teenstroperypogings, toegewyde en ervare wildbewaarders, nuwe tegnologie en ʼn spoorsnyer-honde-eenheid. Die honde-eenheid kon daarin slaag om altesaam 90% van die stropers op te spoor wat oor die afgelope 10 maande in die wildtuin in hegtenis geneem is.

“Hierdie stropers, wat bereid is om hul morele waardes vir blitsgeld te verruil, sal nou vir ʼn beduidende tydperk agter tralies sit. Hulle laat hul gesinne nou sonder ʼn broodwinner en in armoede. Misdaad betaal nie,” het Thakhuli gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liesl D ·

Klink seker wreed maar dis jammer dis nie 14 stropers geskiet nie. Baie geluk met die welslae wat behaal word. Hoop die hof stel jul nie teleur nie

simonette venter ·

Dis wonderlike nuus! Baie geluk aan die spanne wat onverwyld werk om hierdie sinnelose slagtings van die diere te propbeer stopsit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.