Veewagter gevonnis vir moord op werkgewer

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Veewagter is Maandag in die Tsomo-streekshof in die Oos-Kaap gevonnis, nadat hy verlede jaar sy werkgewer oor ʼn salarisgeskil vermoor het.

Zuko Mdingi (28) is tot 15 jaar tronkstraf vir die moord op Xolisa Makalima (49) gevonnis. Hy is ʼn verdere 10 jaar tronkstraf opgelê op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en nóg vyf jaar tronkstraf op aanklagte van diefstal. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, sê Mdingi was ten tyde van die moord werksaam op die oorledene se grond as veeboer en opsigter. Dié grond is naby Ngqamakwe, sowat 125 km van Oos-Londen, geleë.

Volgens Tyali het Mdingi die aand van 27 Mei 2018 na sy werkgewer se huis op ʼn ander plaas gegaan om sy salaris in te vorder. Makalima het egter aangevoer dat sy nie die geld by haar het nie, waarna die skuldige haar met ʼn mes gesteek en met ʼn tou gewurg het.

Mdingi het ná die moord met sy werkgewer se motorsleutels, selfone, kontant asook haar seun se klere op die vlug geslaan na sy tuisdorp Mbizana waar hy kort daarna in hegtenis geneem is.

Die polisie kon Mdingi vastrek nadat hulle gesprekke tussen hom en ʼn sangoma nagespoor het, waarin hy die sangoma vertel hoe hy die oorledene vermoor het. Hy het ook in die boodskappe gevra hoe hy inhegtenisneming kon ontduik, vertel Tyali.

Mdingi het aanvanklik onskuldig gepleit, maar later van plan verander weens die aard van die bewyse teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris Ws ·

Weereens word al die misdade se vonnisse gelyklopend uitgedien.Dis absurd!Dit beteken dis net so goed hy het geen ander vonnisse gekry nie net die van moord.

Dafer ·

Chris Ws – jy moet ook glad nie verbaas wees as hy alreeds op parool vrygelaat is nie!

JV ·

Net 15 jaar vir moord. Alle moord sake moet voor die voet lewenslange vonisse dra.

Niklaas ·

En hy gaan een genotvolle tydjie in die hotel-tronk geniet. Met geen kommer nie. Sy parool toelating is binnekort. Hy gaan tronk lewe met lekker kos taamlik baie mis.

Abie ·

Asb. Wat het geword van die saak van die doodskis – 2? Hulle sou gister gehoor het van die Appelhof.

Peet ·

Jammer om te sê maar dié eens waardige universiteit het nou die “go to” inrigting geword vir opdatering van kaders se kwalifikasies.
Gaan kyk na CVs van politici. Unisa baie prominent!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.