Veganis-juffrou in sop oor eetgewoontes, geloof

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het ouers se klagtes verwerp dat ʼn veganis-onderwyser hul kinders se eetgewoontes verander en hulle wegdraai van God, het Rapport Sondag berig.

Melanie Thomet, ʼn Engelsonderwyser by Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier, is ʼn “veganis en diereregte-aktivis”. Volgens Thomet is sy nie ʼn ateïs nie maar ook nie ʼn Christen nie.

“Ek neem deel aan optogte vir diereregte. Ek steek dit nie weg nie. Die kinders kan dit op my sosialemedia-bladsye sien en as hulle my daaroor vra sal ek hulle vertel,” het Thomet aan die koerant gesê.

Sommige ouers is glo van mening dat hulle kinders se nuwe eetgewoontes, tot gevolg het dat hulle hul rug op God draai. Cynthia Herbst het haar seun vir twee dae uit die skool gehaal en na ʼn profeet in Hermanus gevat. “My seun het nou besluit hy glo nie meer in God nie. Dit het alles begin toe hy nie meer vleis eet nie. Dis hoekom ons hom na twee van William Undi se dienste gevat het. Net om vir hom te wys Jesus bestaan nog,” het sy aan die koerant gesê.

ʼn Handjievol ouers het Thomet by die skoolhoof, Herman Mellet, verkla. Hy het hulle klagtes by die Wes-Kaapse departement van onderwys ingedien. Die departement het die klagtes van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SNEL ·

Ek hoop regtig die ouers sal nie stop voor sy daar weg is nie. Haar sienings is haar uitkyke, maar as n kind eers verval en sy rug op die Here draai as gevolge van n juffrou, is dit ernstig en moet daar beslis opgetree word, dan is sy erger as gif. As n onderwyser sy werk kan verloor oor die ou vlag en om die leiers van die land toe te snou wat hul is, dan beter daar teen die gifappel opgetree te word. Dis vreeslik om te dink n mens maak jou kind vir die Here groot en een so slang beïnvloed daai kind heeltemal sodat hy heeltemal sy uitkyk verloor. Mag daai ouers almal nie rus voor daar opgetree word nie.

Elfie ·

Sjoe Snel, jy gebruik darem kras woorde om die arme onnie te beskryf – “erger as gif”, “gifappel”, “..so ‘n slang”!! As iemand se lewensuitkyk/godsdiens ens van joune verskil, is dit nie nodig om hom/haar so te beledig nie, alla wêreld!

Elfie ·

Ag asseblief! As die ouers ‘n sterk grondslag tuis skep sal ‘n onderwyser se eetgewoontes beslis nie die kinders hul rug op watter godsdiens hul ookal aanhang laat draai nie! Dis nou skoon belaglik. Nou vat die een ma die kind na ‘n profeet toe! My kind was in die klas van ‘n onnie wat gekettingrook het – dit het nie veroorsaak dat hy skielik begin rook het nie! Mense kan dinge so uit verband ruk en dan skoon belaglik optree. Daardie kinders is seker nou die grap van die skool! Regtigwaar… As jy jou kind reg leer en betrokke is by hom/haar sal hy/sy bly by die grondslag wat tuis geskep is.

Iemand ·

Die ouers klink ‘n bietjie mal vir my. Dis die onderwyser se saak of sy vleis eet of nie en watokal god aanbid. Dis ouers se verantwoordelikheid om godsdiens by die huis aan hul kinders te leer. Dis in elk geval ‘n hoerskool? Die kinders GAAN met goed ekperimenteer en wonder oor hul godsdiens en oortygings, hulle is tieners.

hans ·

10 teen 1 die beste onnie in daai skool. Wie wil jy eerder as opvoeders aanstel, skape wat net ja en amen en die boek volg, of iemand wat die jonges kan inspireer om hulle eie koppe en harte te volg i.p.v om saam met die trop te hardloop.

Sollie ·

@hans – net so! Ons Afrikaanssprekendes veral is meestal onderdruk met wat ma of pa sê is wet en het min uit die boks leer dink en nou ly ons steeds onder dit. Skep vir jou kind ‘n goeie waardestelsel, maar leer hom om dinge te bevraagteken en self te dink ook.

Leon Jordaan ·

Hoekom is dit vir die onderwyseres nodig om haar lewensuitkyke oor wat sy eet en waarin sy nie glo nie met die kinders te deel. en verder……………..hoekom verwys sy kinders na haar sosialemedia bladsye? Sjoe ek dink sy klink nie vir my so oulik soos wat wat julle hierbo wil beweer nie.
Sy kan eintlik haar persoonlike lewe vir haarself hou……………sy is daar om `n onderwyser te wees en dit is waarvoor sy betaal word.

Canned Phantom ·

Leon, ek stem 100% saam. Hier is in elk geval meer aan die broei as wat ons op die stadium weet. Gee kans die waarheid het ‘n manier om altyd uit te kom.

EMK ·

Leon, wat op aarde laat jou sommer aanneem sy het die kinders “verwys” na haar sosiale bladsye? Enigeen kan enigiets of enigiemand google en dit vind, dis nie nodig om iemand te verwys na jou sosiale bladsye nie. Kinders is nuuskierig en sal juis elke liewe onnie of wie ookal probeer soek op sosiale media juis omdat hulle nuuskierig is. En jou stelling dat sy haar persoonlike lewe vir haarself moet hou… wel alle onderwysers praat een of ander tyd oor hul kar, huis, troeteldier of wat ookal – dink bietjie terug aan jou skooldae en wees eerlik, dis nie asof hulle nie hul werk doen nie!! My boekhou onnie in graad 10 het destyds pas pa geword en gedurig met sy nuwe baba gespog of ingewerk by ‘n verduideliking! Dis nie dat hy nie sy WERK gedoen het nie, hy het net uit persoonlike besonderhede “geskep” om te verduidelik. Ai tog julle raak op loop met niks!!

Nina-Mari ·

Ek kan nie glo hoe onopgevoed en aspris mense is nie. Dit is ‘n skande dat mense so kan optree. Ons lewe in ‘n tyd waar regte vir alle mense bestaan, ongeag van hulle ras, geloof, gender, ouderdom ens. Tog het ander lewende spesies nog geen regte nie. Hulle word mishandel, uitgebuit en gebruik asof hulle voorwerpe is. Hierdie onderwyser veg vir een van die grootste, belangrikste bewegings van ons tyd. Dit het niks met geloof te doen nie. In elk geval, as jou geloof die rede is waarom jy dink dit aanvaarbaar is om hulpelose, onskuldige diere te misbruik en te eet al het jou liggaam dit nie nodig nie (mense is nie van nature omnivore nie en diereprodukte in ons dieët is een van die grootste oorsake van degeneratiewe siektes), moet jy dalk jou oortuigings bietjie hersien. Mense kan (ware) Christene en veganiste wees. Ek dink van die ouers moet so bietjie Christelike liefde aan hul kinders wys en miskien hulleself opvoed. Hier is ‘n plek om te begin: http://www.jesuspeopleforanimals.com/scripture-and-testimonies/faqs/?utm_campaign=1014%20Frequently%20Asked%20Questions%20About%20Christianity%20and%20Animals%20Post&utm_source=PETA%20Facebook&utm_medium=Promo

Lu ·

Hoe presies draai jy jou rug op God as jy nie vleis eet nie? Ek ket baie vegans wat in God glo. Nie vleis eet nie, gaan oor die manier hoe diere behandel word en nie oor jou geloof in God nie. Ek dink die ouers soek na iets om te blameer oor hulle kind nie meer glo nie. Toe ek op hoerskool was het heelwat kinders die pad duister geraak, en toe was daar nie eers vegans in die skool nie. Dit gaan oor groepsdruk en ander kinders wat n mens beinvloed. Nie die onderwyser se keuse om nie vleis te eet nie.

Elfie ·

Lu – groot handeklap vir jou en al die regdenkendes wat hier kommentaar lewer. Meeste lees nie eers die berig ordentlik maar wil sommer klappe aan die onnie uitdeel – tipies van hierdie selfgenoegsame veroordelende klomp. Dis nes ek al genoem het. Kettingrokers het nie veroorsaak dat my kind begin rook het en so kan mens aangaan. Die kinders van hierdie ouers is nou natuurlik die grap van die skool, arme goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.