ʼn Veiligheidswag van Laerskool Oosterkruin in Germiston aan die Oos-Rand is deur drie veghonde verskeur, het Beeld Maandag berig.
Abie Masia (47) is Saterdag omstreeks 15:00 naby die skool in Weertweg aangeval. Sers. Frank Nkuna, woordvoerder van die polisie, het aan die Star-koerant gesê die honde het deur ʼn gat in die eienaar se heining ontsnap.
ʼn Polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, het een van die honde, Roxy, doodgeskiet. Die ander twee honde, Satan en Psycho, is na die Dierebeskermingsvereniging in Germiston geneem.
Die eienaar was nie ten tyde van die voorval by die huis nie. Nkuna het gesê indien dit bewys kan word dat die man nalatig opgetree het, kan hy van moord aangekla word.
Beeld het berig die eienaar weet nie wat tot die aanval gelei het nie. “Iets moes Roxy oorgehaal het tot aksie,” het die eienaar aan Beeld gesê. “ʼn Hond sal nie sommer net aanval nie. Ek kan nie glo dat sy [Roxy] dit gedoen het nie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Satan het seker vir Psycho opdrag gegee om in Roxy in te vaar. Toe byt Roxy die man.
Hoe werk dit – as n dier ontsnap (en dan wat hom ook al rede gegee het om die man aan te val) en die man behoord aan n wit man dan word die eienaar van moord aangekla? En as n boer op sy plaas vermoor word dan is die aanklag roof? Jis wat verstaan ek nie?
As eienaar van meer as een VEGHOND, WEET ek darem hulle VAL NIE NET AAN NIE! Dis die lieftalligste honde! Jou kans is beter om deur ‘n verdomde poedel of ander keffertjie gehap te word! FFS. Mense is regtig ERG uneducated!
Ek hou van stap in my woongebied. En het ek al benoude oomblikke gehad. Eienaars hoekom storm jul honde my as ek hul ignoreer. As hy dan uitkom gaan hy my mos aanval. Hoekom kan ‘n hond enigsins uitkom. Wie maak gate in heinings, die honde…. Vir my is hierdie man vermoor….. So jammer vir jou familie…
Ek stem saam met jou Drieks, wat as dit onskuldige kinders op fietse was of n ou dame wat gaan stap het. Daardie honde is net liefdevol teenoor hul eienaar, die dat die eienaar altyd dink dis die liefdevolste honde, maar sodra hulle in n vreemde imgewing of alleen tussen vreemde mense is hak hul koppe uit. Ek stem, daar moet strenger opgetree word teen die eienaar, jou hond, jou verantwoordelikheid en vir wat hy doen….soos hier iemand verskeur. As jy n geweer laat rondlê en iemand word vermoor is jy verantwoordelik, net so hier, gat in die heining, honde… Lees meer »