Veiligheid by gevangenisse opgeskerp


Grace Molatedi, Gautengse streekskommissaris van die departement van korrektiewe dienste (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Grace Molatedi, Gautengse streekskommissaris van die departement van korrektiewe dienste, het Maandag gesê veiligheid sal by korrektiewe fasiliteite landswyd opgeskerp word om seker te maak gevangenes bly tydens dié feesseisoen agter tralies.

Sy het gesê die feesgety word gewoonlik gekenmerk deur gevangenes, by die 243 tronke landswyd, se pogings om te ontsnap om die tyd saam met hul geliefdes deur te bring.

“Ons het sopas met die feesseisoen begin. Dit is ongetwyfeld ʼn tyd wat almal saam met hul vriende en familie wil deurbring. Dit is ook die tyd wanneer gevangenes baie desperaat word om te ontsnap,” het Molatedi gesê.

Sy het dié uitlatings Maandag tydens die bekendstelling van Operasie Vala by die Baviaanspoort- korrektiewe sentrum in Pretoria gemaak.

“Die feesseisoen is ʼn ernstige uitdaging vir die departement. Daarom wend ons ʼn poging aan om veiligheid tydens dié periode op te skerp. Operasie Vala het ook ten doel om voorvalle wat met die feesgety verbind word, te verhoed; om sigbaarheid te verhoog en die betrokkenheid van bestuurders op alle vlakke in operasionele aktiwiteite te verseker.

“Dit is ons werk om seker te maak dat diegene wat die wet oortree het, agter tralies bly, en die vonnisse uitdien soos bepaal deur die hof. Sekuriteit is nie iets wat ons ligtelik opneem nie.”

Die departement se noodondersteuningspan en ander taktiese eenhede sal tydens die jaarlikse veldtog op hoë gereedheid bly vir enige situasie, insluitend oproerige gevangenes, oproer in tronke en gyselaarsituasies.

Die adjunkminister van korrektiewe dienste Thabang Makwetla, die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste Arthur Fraser, en hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) adv. Andy Mothibi het die geleentheid bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Spark Plug ·

What ha ha…nou het ek lekker gelag. Grace yourself…hier kom n geldmors sceme. Waar kry hulle nou skierlik vondse en al die lede om te help met die opskerp en oppas van die gevangenis

Spark Plug ·

Waar kry hulle nou die geld en mannekrag om almal op te pas. Ek weet klaar ons belasting geld gaan hiervoor betaal en in die verkeerde hande beland

Gerhard Bezuidenhout ·

Julle paraatheid moet deurentheid skerp wees , nie net oor die Feesseisoen nie. In die ou bedeling was die klas van dinge ongekend en indien iemand ontsnap het,by watter wyse ookal, het die rook gedraai. Doen net asb. die werk waarvoor julle betaal word anders hoort julle nie daar nie.

Kfn ·

Dame, jy sit die pot heeltemal mis. Kriminele behoort die hele jaar agter tralies te wees, nie net oor die vees seisoen nie.

Sarel ·

Moet heel jaar paraat wees. paraatheid is veronderstel om n werkwyse te wees. n Bietjie oortyd of moontlik n famielie lid wat n ietsie moet kry is seker weer hoog op die prioriteitslys . Dit kom nou daarvan as die bendes die tronke beheer .

alida ·

Lyk my hulle konsentreer net op die FEESTYD maar andersins ontsnap hulle elke dag.

J. van Rensburg ·

Ek ken ‘n jong vriend – eks-polisieman – wat tien jaar uitdien OMDAT HY ‘N GEWAPENDE TRANSITOROWER- wat probeer weghardloop – GESKIET HET!!!!! Hy vertel van hoe goor die kos is – vis – waarvan net die kop afgesny is en soms half rou; halfgaar pap, brood, ja, maar nie genoeg nie, vleis – baie gelukkig AS en WANNEER hulle ‘n mondjievol kry en moet hulle die kokke omkoop[ vir ‘n proeseltjie – vleis; en jy as besoeker mag net vir hulle goed ten duurste by die kantien koop – niks van buite invat nie… maar die rowerbende wie se maat geskiet is het teen vonnis geappeleer en loop vandag vry rond om verder te roof en moor terwyl hierdie gewese polisieman tyd uitdien omdat hy sy plig wou doen – reg en geregtigheid? Moet my NIE laat lag nie…

SjN ·

Die streekkommisaris het gepraat, dit raak krismis en almal betrokke het gedurende die jaar ge Vala, Fraser is Thabang vir Mothibi, wat n disGrace.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.