Veiligheid by oord opgeskerp ná gas rower doodskiet

Die Manyane-oord in Noordwes. (Foto: Facebook)

Veiligheidsopgraderings by die Manyane-oord in die Pilanesberg Nasionale Park in Noordwes sal versnel word ná ʼn gewapende rooftog die afgelope naweek.

Maroela Media het vroeër berig ʼn gas by die oord het ʼn rower doodgeskiet en nog een gewond toe ʼn groep van vermoedelik vyf mans by ʼn chalet op die perseel ingebreek het.

“Die aanvallers was met messe gewapen en het die egpaar gedreig. Nadat hulle die aanvallers probeer afweer het, het hy [die gas] een persoon doodgeskiet en nog een gewond. Die ander aanvallers het met ʼn skootrekenaar en ʼn sak gevlug,” het Stephina Tshehla, bestuurder van die oord, gesê.

Die groep het vroeër ook ʼn tent op die perseel geplunder. Die gaste was nie op daardie stadium by hul tent nie.

“In die maande voor die voorval het Golden Leopard Resorts (waarvan Manyane deel is) met die bestuur van Pilanesberg vergader oor veiligheidsrisiko’s ná voorvalle aan die einde van 2018 en vroeg in 2019. Danksy die gesprek is meer patrollies by die grense én by die oord ingestel,” het Golden Leopard Resorts in ʼn verklaring gesê.

Die oord gaan ook binnekort ʼn elektriese heining, veiligheidskameras en bykomende beligting aanbring. Ekstra veiligheidswagte is ook reeds ontplooi, veral nou voor die langnaweek en skoolvakansie, het Tshehla gesê.

Die oordbestuur sê hy doen alles moontlik om die veiligheid van gaste te verseker, maar dat misdadigers altyd nuwe maniere probeer vind om kwaad te doen. Hy het ʼn beroep op gaste gedoen om enige verdagte persone of gedrag dadelik aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Judge Dredd ·

Ja julle moet die rowers beskerm – die gaste daar is gevaarlik.

Arno Scheepers ·

Ja die rowers moet beskerm word…..hulle versprei rykdom en hou ons versekeringspremies hoog.

cerlank ·

Hoop nie die gas is in moeilikheid nie. Dis selfverdediging.

Mens kan seker ook nie eers meer gaan vakansie hou nie…. te gevaarlik deesdae

Siener ·

Die bestuur van die oord moet verantwoordelik gehou word vir Sekuriteits tekortkominge. Hoekom vat bestuur van 2018 to nou om te besef hulle het ‘n veiligheids probleem? Heel moontlik is dit nog hulle eie staf. Kampeerders en gaste betaal deur hulle ore om te rus op ‘n wegbreek naweek of vakansie in ‘n onveilige oord. Komaan —betalende gaste verdien beter as die onveilige Manyane oord.

Danie ·

Kamp is nou nie meer wat dit was nie. Oral hoor ek van mense wat aangeval word in oorde en inbreek by karavane… agge nee.
Nêrens veilig meer nie.

Mrs H ·

Ons land is nie veronderstel om in die eerste plek so gevaarlik te wees of om van kriminele te wemel nie! Bestaande sekuriteit behoort genoegsaam te wees… oorde ontaard nou in buite lug korrektiewe kampe! Wel gedaan aan die gas wat die trop verdwaalde bobejane vasgevat het! Ek los eerder n piesang buite dan…

Lourens ·

Mrs H. Jy slaan die spyker so op die kop. Kon self nie beter stel nie. Briljant hahahaahaha

Wie weet ·

Die plek mhet baie agteruit gegaan was baie teleurgesteld toe ek daar was in Februarie hierdie jaar swak bestuur

Annakapat ·

Ons is twee jaar gelede in n park op die Suidkus beroof terwyl ons on ons karavaan geslaap het. My man het intussen vir ons karavaan n aluminium veiligheidsdeur aangesit. Dis ongelukkig waartoe ons land beweeg het – kamp en/of vakansie is nie meer veilig nie maar tog deel van ons bestaan

Andre ·

Vir die oord se inligting: ek weier om vakansie te hou by n plek waar ek vir my eie veiligheid moet sorg! Julle sien my nie daar nie.

Petro ·

Dit sal sommer die bobbejane ook uithou… Ons het daar gekamp en ‘n trop was in ons tent… Groot skade gehad.

Netso ·

Ag dis oral so. Natal se Suid en Noordkus kan jy vergeet om te gaan slaap sonder dat als wegedra word al slaap jy op die 5de vedieping. My punt is die hele spul daar weet die gaste is nie veilig nie maar sê niks nie.

Frikkie Potgieter ·

Stem nie saam met daardie stelling nie. Ons kamp al jare by ATKV Natalia en Karridene en het nog nooit so n probleem gehad nie. Wagte wat dag en nag patrolleer asook ingang beheer. Probeer hulle gerus

PJC ·

Ek en my vrou was altyd lief vir kamp of oorbly op plase wat akkommodasie bied maar dit het nou te gevaarlik geword. Ons weier om oor te bly waar nie ordentlike veiligheidsmaatreĕls soos heinings, diefwerings en alarms is nie. Veiligheidswagte is ook nie ń oplossing nie want hulle is gewoonlik swak opgelei en ongewapen.

Siener van Melbourne ·

Lyk my deesdae beteken vakansie hou jy sit n paar plakkate van die see op die muur in jou huis en slaap dan met die ligte aan. Die wereld gaan in sy maai. Ek is nou 7 jaar in Melbourne en hier terroriseer die Sudanese ons in ons huise. Die Ozzies moet nog leer…

Sarel ·

2018 en vroeg 2019 meer Patrollies ingestel? Waar was due sg patrolles. Klink meer na oord onder staatsbestuur as privaat

Hennie ·

Hoe het die rowers geweet daar is ‘n rekenaar in die chalet? Inside info, seker een van die skoonmakers.

madels ·

Indien dit “inside info” is moet skoonmakers miskien glad nie toegelaat word in die kamers TOT na die gaste weg is nie. Dit help nie daar is dalk n kluis waar jy waardevolle goed kan bêre nie want die kriminele elemente kom altyd in groepe en dwing jou om die kluis oop te sluit :-( ek stel voor NIEMAND mag in die chalets inkom tot die gaste vertrek het nie, sodoende weet NIEMAND wat in jou chalet is nie en geen inligting kan deurgegee word vir kriminele elemente nie

Maggie ·

Met meer as 20miljoen onwettige immigrante in SA, wat verwag hulle Gaan gebeur. En hulle stroom huidiglik teen bykans n miljoen per Jaar oor die grense. Gaan net Elke dag erger word

Trudi ·

Besig om my plekke daar te verkoop, !!!! Gaan hou liewer oorsee vakansie of bly by my huis, verseker!!!!

Dolf ·

Ek vemoed dat een van die nuwe veiligheidsmaatreëls wat die oord dalkgaan instel, sal wees om die oord ‘n “Gunfree zone” te verklaar. (Sarkasties) Dit werk volgens GFSA 100% om misdadigers af te skrik.

Gelukkig was die slagoffer’ n vaardige en wettige wapen eienaar wie sy eie lewe en die van sy gesin suksesvol kon verdedig.

Rather have a gun and don’t need it, than need a gun and don’t have it.

Dit is deesdae die realiteit in ons land.

Outoppie ·

Mooi so Dolf, jy slaan die spyker op sy kop !

If your government says you don’t need a gun, you do need a gun. Maybe several !

Jeanette Visser ·

Laat my weer dink aan die ander dag se kommentaar van iemand, jammer jy was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.