‘Veiligheid by polisiestasies moet ʼn prioriteit wees’

Genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, het Woensdag aan LP’s gesê daar is strategieë om veiligheid by polisiestasies te prioritiseer, maar daar is steeds uitdagings.

Hy het gesê van die polisiestasies moet heeltemal herontwerp word, aangesien die polisiebeamptes kwesbaar is. Van die persele word egter gehuur en dit is ʼn hindernis om veiligheidsmaatreëls te verhoog by die betrokke polisiestasies.

Sithole het die parlementêre komitee oor polisie toegespreek oor die sterftes vroeër vanjaar by Engcobo-polisiestasie waar vyf polisiebeamptes en ʼn afgetrede soldaat doodgeskiet is.

Hy het ook inligting verskaf oor die tegnologiestrategie wat kringtelevisiekameras vir polisiestasies betref en ook die situasie by Mamelodi Wes-polisiestasie waar polisiebeamptes vroeër vandeesmaand na bewering die saak van ʼn vermiste kind, Katlego Joja (10), verkeerd hanteer het. Joja se liggaam is ʼn paar dae later gevind nadat haar ouers weggewys is by die polisiestasie toe hulle haar as vermis wou aanmeld.

“Een van die uitdagings, wat interessant is, is dat ek nog nie ʼn kantoor het sedert ek ʼn polisiekommissaris geword het nie. Ek wag nog om by Telkom Towers in te trek, maar sedert my aanstelling het ek al vyf datums gekry,” het Sithole gesê. “Ek het aanvanklik gehoor die kantoor sal in Januarie gereed wees, toe Februarie, April en toe Mei. Ek het twee weke gelede by die kantoor ingetrek, maar het intussen ʼn skrywe ontvang dat hulle nie die risiko wil aanvaar omdat ek voortydig ingetrek het nie. Ek werk nou onder die bome en moet misdaad bekamp van onder ʼn boom. Ek dink dit is uitdagings.”

Hy het ook aan LP’s gesê strategieë word hersien wat veiligheidsverbeterings by polisiestasies landswyd betref.

Hy het gesê die polisie was in gesprek met die gemeenskap van Engcobo en die minister van polisie was ook by die gesprekke betrokke.

LP’s het ook gehoor die Mancoba Seven Angels-kerk, waar die Engcobo-verdagtes weggekruip het, is intussen toegemaak en die ondersoek duur voort. ʼn Taakspan van die polisie het sewe verdagtes doodgeskiet tydens ʼn oor-en-weer-skietery. Minstens 10 ander verdagtes is ook in hegtenis geneem.

Volgens die polisie is veiligheidsopgraderings reeds by die stasie ingestel en dit is uit die polisie se begroting gedoen, omdat die departement van openbare werke te lank sou sloer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johanna Botha ·

Veiligheid by stasie self maar op straat en eldes ….wat van daar ? ? …polisie is net USELESS !

marous ·

Bwahahha ! Huur privaat sekuriteit om julle op te pas genie raal…

LV ·

Nee nee Genl,jy het mos nie n kantoor nodig om jou werk te doen nie,gaan sit by n polisiestasie as dit nodig is. Tyd om uit die boks te dink. Kom klaar sonder lugversorging en leermeubels en fokus op misdaad.

kobus ·

Plase moet ge prioriseer word.die polisie moet net wakker word en ophou sit en slaap by die AK

Bossie ·

AMPER VERSTIK EK!!!! Afriforum laat weet asb die wêreld die Suid-Afrikaanse Polisie wil opgepas wees. Hulle is bang en vrees vir hul veiligheid! Jul hoef NIKS verder te doen nie. Enige iemand met ‘n brein behoort die afleiding te maak dat NIEMAND in die land meer veilig is nie. Selfs nie eens die Polisie nie. Burgemeesters se besittings bly in die slag en van hulle vlug vir hul lewe. Die gravy treintjie se wiele begin nou erg gly! Mede Suid-Afrikaners, alle rasse wat vasgebyt het, so trots op julle. Die einde is in sig. Saam sal ons hierdie landjie weer opbou. Ons vir jou Suid-Afrika. Hiep-hiep Hoera!

Bossie ·

Tog wil ek die lojale Polisie bedank. Ons waardeer julle so baie. Ek noem spesifiek Adele Myburgh. Pragtige mens van Potchefstroom. Haar hart en siel is in haar werk. Jammer dat jul SO verneder moet word…

AWVDM ·

Wil net Baie Dankie Sê…
Na 31 jaar Diens is daar tog Lede van die Publiek wat die Goed Raak Sien in Die Polisie .

Smirre ·

Daar rappoteer elke dag genoeg lede op vir diens wat nie mag of kan voertuig bestuur nie wow se magtigins ingetrek is weens ongelukke of geen bestuurlisensie het nie.

Laat die lede op hekdiens gepos word om die stasies te beveilig as om eerder in die AK te laat slaap.

Bossie ·

My laaste comment sal wees dat ek vandag ‘n polisie stasie besoek het. Die waardigheid waarmee ‘n swart en wit Polisie beampte my behandel het is noemenswaardig. Ek wil nie kleur hieraan koppel nie. Daar is swart, bruin, wit en vele meer wat WIL saamwerk, wat respek het vir mekaar. Politiek is ‘n geldmaak storie. Ek is gatvol daarvoor. Ons is in die gutters agv politiek. Maar die skip sink en die uithouers en aanhouers sal weer beheer neem van ons pragtige, sonnige land waar daar plek is vir ons ALMAL!

RH ·

Hoe se jy????? Julle is dan gelaai met vuurwapens my mens! Die groot probleem is jou staff slaap in die kantore, voete opi tafels en in die bakkies! Hoe dink jy NIE dat dit gaan en IS DIE maklikste teiken om vuurwapens verniet te kry sonder baie moeite??? Kyk wyd meneertjie! Jy staan en slaap dan praat jy nog OOK in jou slaap!!! Jou mense is ook onfiks en kan nie rowers jaag in die hardloop nie! Maar OORALS reg BINNE die geboue naar begin by die REGTE mense in diens neem en NIE wie julle wil nie! Die passie volle mense hoort daar en mens kan sien in elke een se houding waar hul passie le!

Anoniem ·

Wat??? My magtig, as die polisie deurtrek is met korrupsie en misdadigers, HOE wil julle hulle veiligheid “prioritiseer”? Kry die gemors uit die SAPD, begin van voor, dwing respek by die publiek af met ETIESE, BEVOEGDE polisiemanne, dán is julle al een tree nader aan suksesvolle polisiëring.

Martin ·

Weer n plan om sakke vol te stop. Kan gaan sit waar sy voorgangers gesit het.

Leon ·

Ek lees beide kante van hierdie saak. Vir twee dekades gaan dit al so aan, en nou het hy nie ‘n kantoor nie. My jinne Generaal, wees dankbaar jy het ‘n werk.
Aan die ander kant, ek stem dat ons steeds met lede van die mag sit, wat onder alle omstandighede, hou by hul etiese normes en waardes waarvoor hy/sy aangestel is. Ek was ook al baie gefrustreerd oor dinge as ek met die SAPS werk, net om volgende met opregte mense in die mag te doen kry. Almal wat so kla oor de SAPS, ja daar is redes, Maar hoe sou jy gevoel het as jy in hulle situasie was? Ek praat nie van die kriminele elemente in die mag nie, maar van die opregte lede wat steeds hul lewe sal gee om ons te beskerm. Dankie vir julle! En nee, ek is net ‘n gewone landsburger met baie frustrasies en kwellinge.

Willie ·

Maak eers die Polisie stasie van binne af skoon… meer boewe binne… Ons polisise stasie het n wag kamertjie en n ingang hek, nee wat did so lanklaas gebruik, en die groot hek staan oop, en almal op hul cel fone… jy kan maar be ook geen antwoord… hulle is useless verby…

Askies? ·

Regtig? Die POLISIE moet die veiligheid van die PUBLIEK op hulle harte dra .. NCOBO polisiestasie het vir jou gewys daar is iets GROOTS verkeerd by die polisiestasies so ook al die inhegtenisnames van verskeie polisiemanne oor die afgelope tyd . MAAK EERS jou huis SKOON voordat jy hom BEVEILIG .. in elk geval is ALLE mense se lewens en veiligheid belangrik NIE net polisiemanne s’n nie.

SjN ·

Herontwerp van polisie stasies, asseblief tog Genl, hy gaan seker betrokke wees met die toekenning van tenders vir opgraderings, dit is onbevoegde lede wat nie die bestaande infrastruktuur in stand hou en reg bestuur en beheer nie.

Sakkie ·

Na 41 jaar diens in die Ploisie tree ek af oor n paar maande. Vir diegene wat die Polise so afkraak met negatiewe kritiek wil ek net se die meerderheid Polisiemanne is lojaal en en pligsgetrou. Prys eerder die lede wat hul bes probeer as om in die algemeen almal onder dieselfde kam te skeer. Ek is oortuig dat in jou eie werksomgewing daar ook vrot appels is.

Jan ·

As hul meer patrolie loop of fiets of perd ry of per kar sal dit nie nodig wees om hulle op te pas nie. Maar daar word mos gekuier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.