Veiligheid opgeskerp by PTA-dieretuin

Ingang na die Pretoriase dieretuin Foto: Google Maps

Ingang na die Pretoriase dieretuin Foto: Google Maps

Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het sy waarskuwing aan landgenote om weg te bly van die Nasionale Dieretuin opgehef nadat veiligheid opgeskerp is.

Angeline Schwan, woordvoerder van die dieretuin, het gesê die ambassade het die waarskuwing opgehef na hy kennis geneem het van die verhoogde veiligheidsmaatreëls. Dit behels onder meer ʼn toename in patrollies deur metropolisie- en polisiebeamptes buite die dieretuin.

Die ambassade het Amerikaners wat die dieretuin besoek egter gemaan om van die dieretuin se amptelike parkering gebruik te maak en motorwagte wat nie deur die dieretuin aangestel is nie te vermy.

“Ons kon daarin slaag om ontslae te raak van die onwettige smouse en straatverkopers met die doel om ʼn beter eerste indruk van die dieretuin te skep,” het Craig Allenby, woordvoerder van die dieretuin, gesê. Volgens Allenby is daar nog geen voorvalle aangemeld sedert Erfenisdag op 24 September toe nagenoeg 5 000 mense die dieretuin besoek het nie.

Allenby het verlede maand gesê hulle is bewus van twee misdaadverwante voorvalle wat buite die dieretuin plaasgevind het. Hy het gesê een van twee rooftogte het verlede jaar in Oktober plaasgevind en ʼn tweede voorval drie weke gelede. Al twee voorvalle het glo buite die dieretuin plasgevind toe besoekers, wat besluit het om nie by die dieretuin se aangewese parkeergebied te parkeer nie, na hul motors teruggestap het.

In die mees onlangse voorval het Suid-Afrikaners glo “’n hele ent van die dieretuin af” parkeer en na hul motor teruggestap. Daar was geen wapens betrokke nie en die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem. Volgens Allenby is geen voorvalle binne die dieretuin aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

En wie moet ons bedank? Rian van Heerden. Dankie Rian. Hy het dit onder die burgemeester se aandag gebring.

Jasper ·

Gevaarlike diere wat mens deesdae by dieretuine kry . . . . .

Drieks ·

Dankie, ek al so bang om al die mooi plekke te besoek. Die tuin in Hougton JHB “the wilds” is net so pragtig om in te gaan stap. Maar ek sal nie weer Namibiers daar heen vat nie. Daar sit sommer snaakse karakters rond by die boek wat jy by die ingang moet teken. En die vrou wat daar gehelp het was nie besoekers vriendelik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.