Veiligheid opgeskerp ná inbraak by hoofregter se kantoor

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: Flickr/GovernmentZA

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling het Maandag in ʼn verklaring gesê maatreëls is reeds in plek gestel om veiligheid op te skerp by alle kritieke staatsinfrastruktuur.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, het die inbraak bevestig wat Saterdagoggend by die kantoor van die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, plaasgevind het.

Maroela Media het vroeër berig minstens 15 rekenaars wat sensitiewe inligting bevat, is uit een kantoor in Midrand gesteel. “Die inligting behels menslikehulpbroninligting van regters en werkers van die kantoor van die hoofregter,” het Mhaga bygevoeg. “Ons is aangesê om nie enige verdere inligting bekend te maak nie, aangesien dit die ondersoek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan benadeel.”

Mhaga het gesê die kantoor van die hoofregter word, net soos enige ander regeringsperseel, deur ʼn privaat veiligheidsmaatskappy beskerm. “Die parlement is reeds besig met die Wetsontwerp oor Kritieke Infrastruktuur wat betref die Wet op Nasionale Sleutelpunte. Die wetsontwerp is gepubliseer vir publieke kommentaar. Die wetgewing sal seker maak dat streng veiligheidsmaatreëls in plek gestel word om veiligheid op te skerp by hoërisikopersele en infrastruktuur.”

Lees alle vorige berigte oor Mogoeng Mogoeng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Scalla ·

Hoekom deur n private maatskappy beskerm, is die SAPD nie in staat om sleutel punte te beskerm en wag diens te doen nie

Johan Bester ·

Werkskepping op enige manier vir boeties en sussies van die struggle.

N Lourens Reitz ·

Hierdie land is besig om leeg gesteel te word van buitelandse valuta R24mijoen tot in die kantoor van departement justisie en konstitusionele ontwikkeling en hkm juis daar? wie wil daardie inligting hê?

snoefie ·

altyd n derdeparty. is die staatsdiens tot niks in staat nie? hoekom is daar dan enigsins groot uitgebreide werksmagte as hulle niks kan doen nie?

Jos ·

hahahahah, hahahaha, verskoon my maar ek sukkel om op te hou met lag. Die ou mensdom, altyd re-aktief optree en skielik iets doen as iets plaasgevind het, hahahahaha. nog nie gehoor van pro-aktief nie. Kyk na die rooftog by Johannesburg lughawe, hahahaha, het al voorheen ook plaasgevind. Skelms wag net tot die waaksaamheid weer afneem want die waaksaamheid vervaag as daar vir ‘n tyd niks gebeur nie, hahahaha. Wie is dom hier, die skelms of die wetstoepassers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.