Die polisie in Kaapstad sal hul sigbaarheid verhoog in kritieke gebiede soos winkelsentrums en by kitsbanke om rooftogte te verhoed, ná ʼn veiligheidswag Saterdagoggend tydens ʼn kontant-in-transitorooftog by ʼn winkel in Delft in Kaapstad doodgeskiet is.
ʼn Groep van ses gewapende rowers het omstreeks 08:00 op die winkel toegeslaan. Een veiligheidswag is doodgeskiet en ʼn ander wag is in die been gewond. Hy is in die hospitaal opgeneem vir behandeling.
Die rowers het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die verdagtes se wegkommotor, ʼn ligte afleweringsvoertuig, is later in Philippi gevind.
“Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om die polisie by te staan met enige inligting wat van waarde kan wees om die misdadigers so gou as moontlik aan te keer,” het Bongani Mkhongi, adjunkminister van polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die ministerie van polisie wil die gemeenskap van Delft verseker dat die polisie die stad van hoek tot kant sal deursoek om die misdadigers aan te keer.”
met al die tegnologie vandag is die haas onmoontlik om te dink dat daar geen monitering by in-en uit-gange van winkels sentrums en banke is nie.