Veiligheid opgeskerp ná voorval in Tafelberg Nasionale Park

Foto: bobview.com

Veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park is opgeskerp nadat ʼn besoeker aan die park deur twee gewapende jong mans voorgekeer is.

Volgens Lauren Howard-Clayton, streekkommunikasiebestuurder van SANParke, is daar bykomende hulpbronne beskikbaar gestel sodat die gebied gepatrolleer en gemonitor kan word ná die voorval wat Sondag by Red Hill naby Simonstad plaasgevind het.

“Die man het in die rigting van die Kleinplaasdam gestap toe twee jong mans wat in denims en swart kappiebaadjies geklee was skielik te voorskyn gekom het.” Die verdagtes was met messe en ʼn vuurwapen gewapen.

Volgens Howard-Clayton het die slagoffer sy besittings neergegooi en weggehardloop om sy vriende wat ook in die omgewing was te waarsku. Veldwagters was vinnig op die toneel, maar die verdagtes het reeds spore gemaak. Die slagoffer is na die toneel vergesel waar hy sy besittings kon terugkry.

SANParke het die volgende raad vir besoekers aan sy parke:

  • Moet nooit alleen gaan stap, draf of fietsry nie.
  • Stel iemand in kennis van die roete wat jy gaan volg en hoe laat jy beplan om terug te keer.
  • Maak seker dat iemand die roete ken of dat julle ʼn padkaart byderhand het.
  • Bly op die aangewese roetes en paadjies wat gereeld gebruik word.
  • Los waardevolle besittings in die motor of by die huis.
  • Wees versigtig vir verdagte persone wat hulself as stappers kan voordoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kolle ·

Maw gaan stap met ‘n wapen en loer heeltyd oor jou skouer vir rowers wat uit die bosse mag spring. Hoe ontspannend klink dit.

marous ·

sanparke moet die volgende raad aan voornemende besoekers verskaf :

1. Ons parke is vol booswigte !
2. Ons kan geen beskerming bied nie !
3. Bly asseblief weg !

ne ·

Maar het SANPARKE nie alreed voorheen die veiligheid verskerp nie??

@ne ·

Ja, maar die veiligheid is soos n potlood… Word die heeltyd stomp en moet gedurig skerp gemaak word.

willem Botha ·

Ek het die volgende raad vir sanparke beveilig julle parke dit is parke vir almal en daarom kan julle wetlik aanspreeklik gehou word vir aanvalle op die publiek ongeag van julle kennisgewings borde verseker die publiek se veiligheid of sluit die parke.

Attie. ·

Moenie gaan stap sonder Vuurwapen nie. Moenie op die N3 ry in die nag nie, Op die N12 is dit gevaarlik om te ty helder oordag in Zama zama beheerde gebied. Bly weg van plase. In SA is daar geen wette wat jou beskerm nie. Die enigste wette wat streng toegepas word is die wet wat voorskryf wie jy mag aanstel in die werkplek en hoe jy jou huiswerker moet behandel. Ons regering het niks geleer uit Zimbabwe se gemors nie. Ek dink die tyd het aangebreek om die land permanent te verlaat. Australie….hier kom ons !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.