Veiligheid opgeskerp voor KSUT weer oopmaak

Veiligheid is opgeskerp by die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) voor hulle op 18 Oktober 2017 weer die kampus oopmaak Foto: Henk Kruger / ANA

Veiligheid is Maandag by die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) opgeskerp voor die kampus na verwagting Woensdag weer hul deure oopmaak ná weke lange gewelddadige betogings.

“Ons is steeds gereed om Woensdag oop te maak,” het Lauren Kansley, woordvoerder van KSUT, gesê.

Die kampus is verlede week gesluit nadat studente betoog het teen die skorsing van vier studente oor aanklagte wat verband hou met wangedrag. Verskeie klaskamers is die afgelope paar weke aan die brand gesteek deur betogende studente.

Chris Nhlapo, waarnemende visekansellier, het gesê alles moontlik sal gedoen word om die veiligheid van die personeel en studente te verseker. “Die personeel word versoek om, waar moontlik, nie op die kampus te werk nie en om op bystand te bly sodat dringende werksverwante sake aandag kan geniet,” het Nhlapo bygevoeg. “Die bekommernisse van ouers, personeel en studente het nie op dowe ore geval nie en die bestuur is steeds aktief betrokke in gesprekke met belanghebbendes om ʼn einde te bring aan die ontwrigtings en geweld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hanna ·

Hoekom word hierdie belhammels (of studente soos hulle genoem wil word) altyd met handskoentjies hanteer? Ek glo dit is maar n klein groepie wat alewig moeilikheid veroorsaak. Hierdie mense voel vere vir hul mede-studente wat klasse bywoon en hard studeer. Of word hulle as ons toekomstige leiers gesien? Ek sidder by die gedagte hieraan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.