Veiligheidsbeampte skiet kollega, pleeg selfmoord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 22-jarige veiligheidsbeampte by ʼn myn in Noordwes het glo sy kollega doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

Maj. Pelonomi Makau, ’n woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen.

Volgens Makau was die mans albei werknemers by die Buffelsfonteinmyn naby Stilfontein. Die twee mans was Maandag op pad werk toe toe hulle glo op die N12. in ʼn argument betrokke geraak het.

Makau het gesê die veiligheidswag het glo sy dienspistool uitgepluk en sy kollega doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het. Die presiese oorsaak van die skietery word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert ·

Daar is dit , goud myne , hulle was deur mekaar met die zama zamas .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.