‘Veiligheidsbeamptes’ roof R1 miljoen by ander

Argieffoto

Argieffoto

Sowat R1 miljoen is Dinsdagoggend gesteel nadat ʼn SBV-veiligheidsbeampte deur twee gewapende mans in Hazyview in Mpumalanga beroof is terwyl hy geld in ʼn kitsbank gelaai het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het twee mans, geklee in SBV-uniforms, die veiligheidswag genader terwyl hy geld in ʼn Nedbank-kitsbank gelaai het.

“Hulle het ʼn geweer op hom gerig en die kontant wat hy gelaai het, gesteel. ʼn Medepligtige het in ʼn wit Audi vir sy makkers gewag en al drie het in dié voertuig van die toneel gevlug,” het Mohlala gesê.

Geen skote is gevuur nie en niemand is tydens die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

Nogal baie om met R1m op ‘n slag rond te ry vir ATM’s? Ek dink dis swak beplanning.

humor ·

Sommige mense, selfs in die besigheidswereld leer maar langsaam. Dan moet dit maar so wees.

pop ·

Hierdie is tipiese voorbeeld van, mens sukkel om iemand te kry wat jy kan vertrou. Ons wil die gerief he om by die ATM geld te trek, en die banke vat maar n enorme kans om die personeel te vertrou.

scalla ·

Dit klink na goeie samewerking tussen die rowers en werkers, inside job, sal uitkom as hul deel en stry kry.

Moeksie ·

Sonder twyfel inside job. “Geen skote gevuur” laai net in en ry weg – hoe maklik kan dit wees…
Dit word net makliker om te STEEL en ons blankes moet maar WERK vir ons geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.