Veiligheidsplanne gereed vir verkiesing in Vuwani

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Des van Rooyen, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê die staatsveiligheidseenheid het planne gereed om seker te maak dat die munisipale verkiesing in Vuwani, Limpopo, kan voortgaan.

Van Rooyen het dit gesê ná onderhandelinge vir vrede in die gebied vasgeval het en betogers onderneem het om die gebied onbegaanbaar te maak op 3 Augustus wanneer die munisipale verkiesing sal plaasvind. Die besonderhede van die planne kan egter weens veiligheidsredes nie bekendgemaak word nie, maar is wel aan al die sleutelrolspelers voorgelê.

Bronne binne die veiligheidseenheid het aan African News Agency gesê die weermag sal ontplooi word om die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) te help om stemme in die gebied af te neem.

Geweld het in Vuwani en omliggende gebiede opgevlam nadat die Munisipale Afbakeningsraad (MDB) aangekondig het dat Vuwani voortaan by die nuwe Malamulele-munisipaliteit ingesluit sal word. Meer as 24 skole is einde April in die gebied deur betogers aan die brand gesteek.

Die OVK het vroeër vanjaar probeer om kiesers in die gebied vir die verkiesing te laat registreer, maar die registrasiebedrywighede moes opgeskort word nadat betogers paaie met klippe en ander voorwerpe afgesper het. Betogers het ure lank met onluste-polisiebeamptes baklei wat die situasie in bedwang probeer bring het.

Tradisionele  en gemeenskapsleiers moes Vrydag ʼn vredesooreenkoms met die inwoners teken, maar die onderhandelinge het vasgeval. Inwoners wou nie die vredesooreenkoms onderteken nie, omdat hulle gesê het dit is gedryf deur ʼn selfsugtige rede om die verkiesing te laat plaasvind eerder as om werklik aandag te gee aan inwoners se ontevredenheid.

Nsovo Sambo, ʼn gemeenskapsleier, het gesê die ooreenkoms dien nie die behoeftes van Vuwani-inwoners nie. “Ons wil hoegenaamd nie deelneem aan enigiets wat met die nuwe entiteit te doen het nie. As hierdie ooreenkoms net gaan kyk na dit wat ná die verkiesing gebeur en nie vóór die verkiesing nie, kan ons nie deel daarvan wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JAco ·

Ek het nie eers ‘n idee waar Vuwanie is nie… Dit sal help as daar dalk in hakkies na ou of ten minste naby gelee bekende plekname ook verwys word….. Ek het nie eers die artikel klaar gelees nie want dit kon wat my aanbetref net sowel internasionale nuus ook gewees het.

Mariné Lourens ·

Dagsê Jaco

Vuwani is ‘n streek in Limpopo sowat 170km noordoos van Polokwane.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Cherokee ·

Dankie, nou weet ek ook.
Terloops Mariné, (heel van die onderwerp af) wat is die verskil tussen é en è….?

Buitestander ·

Die EFF gaan sy planne vir homself vernietig en die ANC in die gebied laat wen.

Lance ·

Die staat is bang vir die gemeenskap met hulle vuurhoutjies hehe

J.B. ·

Jip hulle brand mos allis af maar mee hulle nie saam stem nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.