Veiligheidswag in Alberton doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

‘n Veiligheidswag wat vir ‘n subkontrakteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gewerk het, is Vrydagoggend in Alberton doodgeskiet.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die veiligheidswag was omstreeks 4:30 Vrydagoggend besig om patrollie te doen toe hy twee mans langs ‘n kraglyn in Comaraweg gesien het en hulle genader het.

Mogale sê die veiligheidswag het hulle gevra wat doen hulle. “Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen uitgeruk, talle skote afgevuur en die veiligheidswag noodlottig gewond.”

Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, het die voorval bevestig. “Sanral praat tans met die polisie en die veiligheidskontrakteur oor die omstandighede rakende die voorval.” Mona sê meer besonderhede sal verskaf word sodra die veiligheidswag se naasbestaandes in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.