Veiligheidswag buite Durban-bakkery vermoor

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag is Dinsdagaand tydens ʼn aanval buite ʼn boetiek-bakkery in Morningside, Durban, oorlede.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het aan News24 gesê paramedici is ontbied na ʼn noodgeval by die Continental Bakery. “ʼn Veiligheidswag is herhaaldelik met ʼn mes gesteek en hy het aan sy beserings beswyk voor paramedici by die toneel opgedaag het,” het Jamieson gesê. Die man is in sy bors en rug gesteek. “Hy is binne enkele minute oorlede. Hy is op die toneel dood verklaar.”

ʼn Bron van die polisie, wat anoniem wou bly omdat hy nie gemagtig is om met die media te praat nie, het gesê ʼn verdagte is geïdentifiseer. “Ons ondersoek het reeds begin en ons het ʼn goeie idee wie die verdagte is. Ons is vol vertroue dat die persoon binnekort in hegtenis geneem sal word. Ons is seker dat dit nie ʼn poging tot roof was nie.”

Woordvoerders van die polisie was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Bron: Jeff Wicks, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.