ʼn Groep van nagenoeg vyf gewapende mans het Maandagmiddag ʼn geldwa by ʼn hotel in die Oos-Kaap beroof.
Kapt. Edith Mjoko, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 by die Frontier-hotel in Mount Frere plaasgevind.
“ʼn G4S-voertuig het na bewering geld by die hotel in Mainstraat gaan oplaai. Een van die veiligheidswagte het met die geldhouers na die voertuig gestap toe die groep verdagtes toegeslaan het,” het Mjoko gesê.
“Die verdagtes het die veiligheidswag in die bors geskiet en met ʼn onbekende bedrag geld en twee van die wagte se vuurwapens van die toneel gevlug.”
Die veiligheidswag is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Volgens Mjoko is sy toestand nie kritiek nie.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof.
Sou dink die veiligheids persoon sou bors beskerming dra dan nie!!!
Nee die arme mense is aan hulleself oorgelaat .. hulle mag nie skiet nie maar mag geskiet word, ek weet van BAIE sekuriteitsmaatskappye waar mense hulle EIE bullet proof vests moet koop en as jy na hulle salarisse kyk kan min dit bekostig. Of soms het hulle net ‘n beperkte aantal vests beskikbaar wat op ‘n first come first serve basis werk .. Dit is aaklig hoe hierdie arme mense ander mense en besittings probeer beskerm en dan of doodgeskiet word of in die tronk gesmyt word as hulle oortreders skiet .. STERKTE aan sy familie en vriende … en ook aan hom . mag hy volkome herstel, ek het SIMPATIE met sekuriteitswagte in SA wat die Polisie se werk doen maar nie die polisie se mag het nie …
Dink hy het anders sou ons lees hy is dood…
Bid vir die wag en sy gesin.
Nog ‘n transito roof- nie sake roof
Thinus,as hulle skuldig bevind word aan transitoroof is die straf baie swaarder as huisroof daarom maak die polisie eerder ‘n transitoroof dossier oop.Waar was die ander wag.Hy is in die bors geskiet maar dit is nie ernstig nie,Kon die skieter nie skiet nie of was dit so beplan.Weer is dit ‘n G4 S voertuig.
Hy het heel moontlik ‘n veiligheids baadtjie gedra en dit is nie ‘n waarborg dat jy nie in die hospitaal gaan beland. Sal beslis jou lewe red.
Meer ‘n geval van prosedure wat nie gevolg is. Waar was sy ondersteuning?