Veiligheidswag buite Kroonstad-winkelsentrum doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Veiligheidsbeampte is Maandagaand by ʼn inkopiesentrum in Kroonstad in die Vrystaat doodgeskiet.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 17:00 voor ’n Pick n Pay gebeur. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die man op die grond gelê met ʼn skietwond in sy kop,” het hy gesê.

Paramedici het probeer om die man op die toneel te stabiliseer, voordat hy na ʼn plaaslike hospitaal gehaas is. Hy is kort ná sy aankoms by die hospitaal oorlede.

ʼn Woordvoerder van die polisie het die voorval bevestig en gesê die saak word ondersoek. Die motief vir die moord is nie in hierdie stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.