Veiligheidswag by Durban-sentrum doodgeskiet

Argieffoto (Fidelity Security)

Argieffoto (Fidelity Security)

ʼn Veiligheidswag is Dinsdagmiddag tydens ʼn transitorooftog by ʼn winkelsentrum in Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

“Paramedici het die man op die toneel by die Phoenix Plaza dood verklaar,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Bronne het aan News24 gesê die veiligheidswag het in die gang geloop toe hy ʼn paar keer geskiet is. Dit is nog nie duidelik hoeveel aanvallers daar was nie, maar die diewe het met ʼn kontantboks gevlug wat die wag gedra het. Dit is nog nie bekend gemaak hoeveel geld in die boks was nie.

Die man van Fidelity Guards het van die DStv-handelaar gekom toe hy aangeval is.

Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het die skietery bevestig, maar kon nie verdere besonderhede verskaf nie.

Fidelity Security was ook nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.