Veiligheidswag by skool in Nelspruit vermoor

Klaskamer_bord_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

ʼn Veiligheidswag is dood ná rowers toegeslaan het op ʼn laerskool in Daantjie, Nelspruit in Mpumalanga.

Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê die departement is geskok en hartseer oor die nuus van die moord op Zitha Philemon Joseph (59) by Sibambisene Primary School. Joseph is al sedert 2019 by die skool werksaam en is deur die skool se beheerliggaam aangestel.

“Diewe het glo op 26 Augustus by die skool ingebreek en die sekuriteitswag oorval en hom vermoor. Hulle het deur die dak na die administratiewe blok beweeg om die alarm af te skakel.”

Hulle het ses skootrekenaars ter waarde van R46 000 gebuit.

Bonakele Majuba, provinsiale LUR vir onderwys, het die voorval ten sterkste veroordeel. Hy versoek enigiemand met inligting om die polisie in kennis te stel. Majuba sal Dinsdag die skool en familie besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek’t regtig nie meer woorde vir die moorde nie! So onnodig en kyk wat is ‘n lewe werd. Innige simpatie aan die familie

Kobus ·

Waneer gaan die gemors van n regeering besluit om iets te doen aan die moorde dit is nou genoeg

Persheks Adri ·

Nooit nie Kobus hulle is eenvoudig te sleg om iets te doen almal is net geskok maggies!

Anel ·

“Inside job? Hoe het hulle geweet waar die alarm sit en hoe om hom af te sit? Die wag het hulle seker ook geken daarom is hy vermoor!! Waneer gaan dit ophou? Sterkte aan die wag se familie. En nou is daar nog ‘n familie sonder inkomste!

Elmarie ·

‘n Lewe is niks meer werd nie. Moet daar altyd gemoor word tydens inbrake? Moet inbrake enigsins plaasvind?

Persheks Adri ·

Ons is veronderstel om veilig te wees, maar vandat hierdie klomp regeer is die land in sy glory in! Als het reg gewerk voor 1996

Swerwer ·

Mnr die President dit is tyd dat jy jou oogklappe afhaal , Hoed uit sy pos onthef, en begin optree teen die mede landsburger deur die doodstraf terug te bring. Dink net, vir elke person wat vermoor word, moet die moordenaars boet met hul lewens. Daar sal weer asemgehaal kan word in ons land. En stop hierdie onwettige immigrante. Jul bereik absoluut niks deur hul in die land in te nooi nie, jul vererger net die situasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.