Veiligheidswag by skrootwerf geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag is Woensdag by ʼn skrootwerf in Richardsbaai in KwaZulu-Natal geskiet en van sy vuurwapen beroof.

“Na bewering is die 24-jarige veiligheidswag deur vier onbekende mans oorval,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is geskiet en van sy vuurwapen beroof.”

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man is ʼn paar keer geskiet. “Die man is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Volgens Zwane is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.