Veiligheidswag dood ná kitsbank ontplof

Argieffoto

ʼn 41-jarige veiligheidswag is Dinsdag doodgeskiet toe ʼn groep verdagtes op ʼn winkelsentrum in Bela-Bela, Limpopo, toegeslaan en twee kitsbanke oopgeblaas het.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die verdagtes omstreeks 02:00 die hoofdeur van die Net 1 Financial Services-onderneming in die Bosveld-winkelsentrum oopgebreek. Hulle het twee kitsbanke oopgeblaas en ʼn onbekende bedrag kontant gebuit.

“Veiligheidsbeamptes aan diens het die luide ontploffings gehoor en gaan ondersoek instel. Die verdagtes het op die beamptes losgebrand en een is in die proses raakgeskiet,” bevestig Mojapelo.

“Die verdagte het die gewonde beampte se dienspistool gegryp en daarna in ʼn rooi motor op die vlug geslaan.”

Die beampte is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy met sy aankoms daar dood verklaar is. Hy is ná sy dood geïdentifiseer as Thomas Maluleka van Vontine, Syferkuil, in Bela-Bela.

Nog niemand is in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie en die polisie het ʼn grootskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur.

“Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan lt.kol. Richard Makhukhu by 082 565 8603 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tanja ·

ANC seker baie trots op hierdie wonderlike land en ekonomie waar niemand se lewe iets werd is nie en misdaad seëvier

Persheks Adri ·

Is dit hulle manier om werk te skep? Elke 2de misdadiger loop met ‘n ongelisensieerde wapen!

JM ·

Hoog tyd dat moordenaars, soos in Saudi-Arabië, voor ‘n vuurpeleton betaal met hul lewens, want in Suid-Afrika skrik niks hulle af nie. Al hierdie skuim het wapens, maar Cele wil wetsgehoorsame burgers ontwapen!!

Belinda ·

Stem ANC! kyk net al die werksgeleenthede wat geskep is…. VIR SKELMS!!!!
Hierdie land is in sy dinges in. Mense is arm en werkloos en dit dwing na geweld af.

Duck ·

‘n Baie ondankbare werk, veiligheids wagte.
Ek was jare gelede in die bedryf, jy is basies ‘n “sitting duck”

Blomme ·

Is daar dan nie kameras installeer nie? Hul kan die skurke dan mos vastrek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.