Veiligheidswag doodgeskiet ná hy rowers agternasit

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet nadat hy gewapende rowers in Mitchells Plain, Kaapstad agternagesit het.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê twee gewapende mans het glo Maandag ‘n juwelierswinkel in die Polka Square-winkelsentrum beroof.

Van Wyk sê die veiligheidswag het die gewapende mans agternagesit en is in die proses doodgeskiet.

Die verdagtes het in ‘n Toyota Corolla gevlug. Hulle het met ‘n onbekende bedrag kontant en juwele weggekom.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.