Veiligheidswag doodgeskiet op bouterrein

Argieffoto

Die polisie is op die spoor van verdagtes wat ʼn 31-jarige veiligheidswag Dinsdag by ʼn bouterrein in Barberton, Mpumalanga, doodgeskiet het. Hulle het ook sy vuurwapen en ammunisie gesteel.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die veiligheidswag was die middag om 14:15 besig om die bouterrein waar ʼn kliniek gebou word, te bewaak toe die verdagtes op hom toesak en hom doodskiet.

Die wag se kollega het geweerskote in die rigting van waar hy gestaan het, gehoor, en dadelik gaan ondersoek instel. Hy het die wag dood in ʼn plas bloed op die grond aangetref. Sy vuurwapen was weg.

Hlathi sê die polisie en mediese personeel is dadelik na die toneel ontbied. Die wag is op die toneel dood verklaar.

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagte of verdagtes kan lei, kan lt.kol. Senzo Dawe by 071 685 1364 of die polisie se misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Hier het jy iemand wat seker R100 ‘n dag verdien om lewe en siel aanmekaar te hou vir hom, en sy familie, en dan aan die anderkant het jy ANC ministers, vriende en familie wat besig is on skatryk te word uit PPE tenders. Gee nie ‘n vrek om vir die ANC, en die gouer wat hulle voertsak die beter vir die land en mense van Suid Afrika. My innige medelye aan die man se geliefdes.

Belinda ·

So wreed en hy kry nie eens kans om terug te skiet nie, sy lewe is mos meer werd as ‘n kriminieel sin, maar nee wat daar gaan nie regtig gesoek word na die skuldiges nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.