Veiligheidswag doodgeskiet tydens kaping

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Veiligheidswag is Donderdagoggend doodgeskiet en twee mense beseer tydens ʼn kaping in Durban.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 10:00 in Mount Edgecombe gebeur.

Volgens Mathe was ʼn vragmotor met drie insittendes na ʼn vulstasie op pad om goedere af te lewer. Kapers het egter die vragmotor in Flandersweg voorgelê en die veiligheidswag in die vragmotor is doodgeskiet.

“Die bestuurder is aangerand en sy passasier is ook geskiet,” het Mathe gesê. “Met paramedici se aankoms was die veiligheidswag reeds dood. Die twee beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal gehaas.”

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê inligting oor die voorval is nog nie beskikbaar nie aangesien die polisie steeds op die toneel is. Sy kon ook nie dadelik bevestig of die gekaapte voertuig al opgespoor is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Uys ·

Ondersoek die vragmotorbestuurder. Hy is in op die deal. Hoekom die ander twee skiet en hy word net aangerand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.