Veiligheidswag doodgeskiet tydens kitsbank-bomaanval

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn groep van sowat vyf mans wat vroeg Vrydagoggend ʼn kitsbank by ʼn winkelsentrum in Ermelo opgeblaas het.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 01:30 by die Oak Centre plaasgevind. “Volgens inligting het die gewapende verdagtes die sentrum met ʼn Mercedes-Benz binnegery en die Standard Bank-kitsbank opgeblaas. Veiligheidswagte op die toneel kon daarin slaag om te ontsnap en het bystand ontbied.”

Volgens Sedibe het die polisie en beamptes van ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy hulle na die toneel gehaas. “Die verdagtes het op hulle losgebrand en ʼn beampte van die veiligheidsmaatskappy is doodgeskiet. Nog ʼn beampte is beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling.”

Sedibe het gesê die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant in Hendrina se rigting gevlug.

Intussen is ʼn kitsbank ook vroeg Vrydagoggend by ʼn winkelsentrum in Matsulu naby Nelspruit met ʼn hoekslyper oopgesny. Volgens Sedibe het die groep van sewe verdagtes met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug.

Sedibe het enigiemand met inligting oor die voorvalle versoek om brig. Obed Ngwenya by 082 565 6417 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irene ·

Baie skelm in SA waar gaan dit eindig loop met baie skietgoed rond

Poppie ·

My simpatie aan die oorledene se familie. Vir iemand wat net sy werk gedoen het, is dit ‘n groot tragedie en ‘n veel groter verlies vir sy familie.

humor ·

Kitsbanke het n bron van misdaad geword. Het die moderne tegnologie nie n antwoord daarvoor nie. Byvoorbeeld dat geld in so n geval gekleur kan word.

Jurie ·

Dalk dieselfde klomp skelms wat laas week n kitsbank in Middelburg opgeblaas het

Scalla ·

Hoe ontsnap die veiligheidsmense< was hul vasgebind of het hul uit die slaap wakker geskrik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.