Veiligheidswag doodgeskiet tydens vulstasierooftog

Argieffoto

Die polisie het ʼn reusesoektog van stapel gestuur na ʼn groep onbekende verdagtes wat vroeg Maandagoggend betrokke was in ʼn gewapende roof by ʼn vulstasie in Marlboro Gardens in Sandton.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 00:30 by ʼn Sasol-vulstasie plaasgevind.

“Gewapende rowers het die werknemers van die vulstasie met wapens gedreig en hulle gedwing om die deur oop te maak en almal insluitend die joggies na binne gedwing. Hulle het die kluis oopgeblaas en met ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant gevlug. Op pad uit het hulle ʼn Audi en ʼn Toyota Avanza gekaap. Hulle het op ʼn veiligheidswag (36) wat op ʼn paniekalarm reageer het losgebrand, en hy is op die toneel dood,” het Masondo gesê.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het verskeie skietwonde gehad en is op die toneel dood verklaar.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en sakeroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Selfbeskikking ·

As ons wil oorleef in hierdie sinkende land sal ons gou met selfbeskikkingsonderhandelinge met ons regering en die buiteland moet begin.

Maro ·

@selfbeskikking. Elke keer het jy dieselfde kommentaar. Ek is glad nie daarteen gekant nie, maar hoe sou so iets werk? WAAR gaan ons almal werk? Ek vra want ek gaan verseker nie in een groot plakkerskamp wil opeindig nie. So asb meer inligting sou gaaf wees.
Medelye met die oorledene.

Hendrik ·

Selfbeskikking, Ek dink die ding werk so: Jy doen eers iets en word sterk en onderhandel uit jou nuwe krag posisie. Dit is wat Afriforum gedoen het. Deesdae as Afriforum praat spring almal op aandag want hulle weet hierdie ouens vat jou nie uit vir ‘n tee nie nie maar vat jou hof toe. Dieselfde geld vir die plekke wat na selfbeskikking, of selfstandigheid soos Flip Buys dit noem. Hulle het areeds ‘n plek geidentifiseer en ‘n infrastruktuur gebou of verbeter en die mense beweeg na hierdie gebiede soos hulle hulself daarmee identifiseer. Onthou die mense moet volhoubaar daarna toe beweeg en hierdie gebiede kan nie droe hout of nie ekonomiese aktiewe mense onderhou nie. Hierdie wit mense in plakkerskappe moet ekonomies aktief word en indien nie opgelei word om ekononies aktief te word voordat hulle na hierdie gebiede kan beweeg. Vir hierdie opleiding sal daar moet gekyk word na ‘n groter plan om buitelandse befondsing te kry en hierdie gebiede meer te ontwikkel. Om nou met die regering te praat gaan nog nie werk nie.

Gerrit ·

Ek stem vir selfbeskiking n plek waar jy kan besluit oor jou toekoms en die van jou kinders waar jy deur mense regeer word met dieselfde kultuur as joune waar eiendomsreg gewaarborg word en wat die werk en inkomste betref , hoekom dink jy sa was die land in afrika met die beste ekonomie en sterkste weermag , daar sal so baie geleendhede wees want die sa of azania of wat ookal hulle dit wil noem sal afhanklik wees van daai klein landjie vir kos, elektrisiteit ens ons sal net ons grense goed moet oppas en beveilig vir obvios reasons natuurlik .Dit is nie net vir wit mense nie enige ras of kleur sal gelyke regte en voordele he soos n regte demokrasie moet werk , niks sal jou verbied om in die ou sa te bly nie jy sal net volgens hulle reels en diskriminasie moet bly werk en leef

Oom Kalahari ·

Wat van voertuig Kaping en diefstal ook by die klag staat?

Gerrit ·

Die sekuriteit is besig om die useless polisie wat eintlik hulle naam moet verander na oamv ( ondersoek alles en vind niks) se taak oor te neem en dit is regtig jammer dat hy sy lewe moes verloor ek wonder of n minister sy familie gaan besoek om jammer te se oor die staat hom gefaal het??

Daan ·

Dit is hartseer dat die land op so n afdraande is dat dit moeilik sal wees om dit reg te stel.
??

Gerrit ·

Ek stem vir selfbeskiking n plek waar jy kan besluit oor jou toekoms en die van jou kinders waar jy deur mense regeer word met dieselfde kultuur as joune waar eiendomsreg gewaarborg word en wat die werk en inkomste betref , hoekom dink jy sa was die land in afrika met die beste ekonomie en sterkste weermag , daar sal so baie geleendhede wees want die sa of azania of wat ookal hulle dit wil noem sal afhanklik wees van daai klein landjie vir kos, elektrisiteit ens ons sal net ons grense goed moet oppas en beveilig vir obvios reasons natuurlik .Dit is nie net vir wit mense nie enige ras of kleur sal gelyke regte en voordele he soos n regte demokrasie moet werk , niks sal jou verbied om in die ou sa te bly nie jy sal net volgens hulle reels en diskriminasie moet bly werk en leef??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.