Veiligheidswag geskiet wat plunderaars glo verjaag

(Argieffoto: ER24)

ʼn Veiligheidswag is verskeie kere gewond toe hy glo plunderaars by ʼn winkel in Turffontein in die suide van Johannesburg probeer agternasit het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê verskeie mans het na bewering Saterdagmiddag in Bishoprylaan uit ʼn taxi gespring en losgebrand op die voertuig van die man wat hulle agternagesit het.

“Paramedici van ER24 was om 15:30 op die toneel waar paramedici verbonde aan die veiligheidsmaatskappy reeds besig was om die 51-jarige man te behandel. Die pasiënt was in ʼn ernstige toestand en gevorderde lewensondersteuning was nodig om hom te stabiliseer voordat hy na ʼn private hospitaal geneem is,” het Campbell gesê.

Maroela Media het ʼn navraag aan die Gautengse polisie oor die voorval gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frans ·

Wa is die sogenaamde weermag dan nou hou seke die kfc se deure dop

Fedup ·

Barbaric behaviour. Never seize to amaze me. Where is the mad hatter now?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.