Veiligheidswag gevonnis oor kollega se moord

(Argieffoto: SAPD, Facebook)

ʼn Veiligheidswag van ʼn plaas in Boston in KwaZulu-Natal is in die Pietermaritzburg-streekhof gevonnis in verband met die moord op sy kollega.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê Sibusiso Mngadi (31) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis waarvan drie jaar opgeskort is. Hy sal dus effektief 12 jaar tronkstraf uitdien.

Die hof het gehoor hoe Vincent Hadebe (43) op 27 Februarie 2019 doodgeskiet is. Mngadi en Hadebe was die aand aan diens op die plaas in Dargleweg toe hulle gestry het. Mngadi het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en Hadebe drie keer geskiet. Hy is in die kop, bors en arm getref. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Die Boston-polisie is dadelik ontbied. Die beskuldigde is op die toneel in hegtenis geneem. Hy het ʼn paar keer in die hof verskyn voor hy gevonnis is. Die hof het hom ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit,” het Gwala bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vranet? ·

12 jaar vir moord? Ek het gedink vir moord kry jy lewenslank wat 25 jaar is? Effektief 12 jaar beteken ook dat hy na 3 of 4 jaar op parool vrygelaat word. So, die straf beteken eintlik niks. Doodstraf moet terugkom vir moordenaars, verkragters, dwelmhandelaars en mense handelaars.

Bekommerd ·

Vranet, vir voorbedagte moord kry jy lewenslank. Hierdie was ‘n moord gepleeg op die ingewing van die oomblik aangevuur deur woede, of passiemoord bv wanneer een die ander met ‘n derde party betrap. Oscar Pistorius het bv ook nie lewenslank gekry nie.

Swannie ·

Behalwe as `n spook iemand van `n bakkie afstamp en die bestuuurder en passassier is wit…dan kry jy 18 jaar en 23 jaar onderskeidelik.

Hasie ·

So, as ek stry met iemand, word kwaad, skiet die ou dood, 12 jaar?? Belaglik sou ek sê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.