Veiligheidswag glo deur olifant vertrap

Argieffoto (Foto: Christine Sponchia/Pixabay)

ʼn Veiligheidswag, wat deur privaat kontrakteurs aangestel is, is Saterdagoggend by Foskor-myn in Phalaborwa dood nadat hy glo deur ʼn olifant vertrap is.

Far North Bulletin berig die veiligheidswag het die aanleg gepatrolleer toe hy vertrap is.

eNCA het berig ʼn forensiese patoloog is op die toneel.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het gesê die voorval is nog nie by die polisie aangemeld nie.

Die voorval het gebeur in dieselfde gebied waar 14 leeus van ʼn nabygeleë reservaat ontsnap het en op vrye voet was. Inwoners van Phalaborwa en die Foskor-myn is gewaarsku om op hul hoede te wees.

Maroela Media wag vir terugvoer van Foskor-myn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ekke ·

Ai, lyk my Phalaborwa is nou gevaarliker as Gauteng. Simpatie aan die oorledene se familie.

Andreas ·

Sal ek nie op my hoede wees met olifante en leeus in die omgewing nie! En as ek op hulle afkom en hulle gewaar my?

Cherokee ·

Hê altyd ‘n stukkie brood by jou. Gee vir hulle iets om te eet en hulle sal vriendelik wees.

Patch ·

Simpatie aan die familie…. En nou gaan die olifant ook seker van kant gemaak word soos die twee luiperds in KNP.

Thelsa ·

Hoop nie die Olifant word vankant gemaak nie. Hy was in sy natuurlike habitat. Kan jy nie sien as ‘n Olifant naby jou is nie?

Nita ·

Vergelyk syfers van mense gedood deur diere en mense gedood deur mense. Mense wen loshande. Hulle is baie wreder en bloeddorstiger as diere. Vra net die families van mense wat wreedaardig aangeval en vermoor word.

Agtoglieweland ·

My eerste gedagte was ook of die olifant ook nou doodgeskiet gaan word …

Maljan ·

Wel die veiligheidswag is dood. KNP se olifante het al meer as een keer my kar bestorm. Ek was nie te naby hulle, enige paadjie of kalfie nie. Ek was sedert die laaste keer (2014) nie weer terug nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.