Veiligheidswag in hof ná dood van leerder

Foto: Rawpixel/Unsplash.com

ʼn Veiligheidswag van ʼn myn in Limpopo het Vrydag vlugtig in die hof verskyn in verband met die dood van ʼn leerder tydens ʼn betoging.

Dennis Mashele (36), veiligheidswag by die Dithabaneng-myn in die Ga-Mphahlele-gebied, het in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is tot Maandag uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, is Mashele Donderdagaand in hegtenis geneem nadat die 18-jarige Boshelo Petja Woensdag tydens ʼn betoging naby die myn geskiet is.

Volgens berigte het betogende lede van die gemeenskap en veiligheidswagte by die myn slaags geraak waarna skote afgevuur is.

Petja is tydens die skietery gewond en na ʼn plaaslike hospitaal gehaas. Die polisie het ʼn oproep van die hospitaal ontvang en met hul aankoms daar is Petja reeds dood verklaar.

Die presiese omstandighede rakende die voorval word steeds deur die polisie ondersoek, het Ngoepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Snuffels ·

Leerder??? Wat presies het hy geleer, hoe om te betoog? Kinders moet nie deel vorm van groot mens dinge nie, maar nie almal het veel mentaliteit nie

leser ·

wat het die “leerder” gedoen toe hy betoog het, dit was dalk nodig vir die veiligheidswag om uit noodweer te skiet, moontlik net in die grond rigting en “leerder” was in die pad van die koeel / patroon, (wat jy dit wil noem) en sodoende getref is
waaroor het die betoging gegaan, my maatjies doen dit en ek sluit maar net vir die lekker aan om deel te wees

Wielspore ·

Dit is jammer dat ‘n leerder se lewe tot ‘n einde kom wanneer hy betrokke is by geleenthede wat nie ter sake is.

Sarel Strydom ·

Ek sien nie dat enige van die betogers aangekla is nie? maar nou ja Veiligheids en Sekuriteitswagte word net soos doe Polisie uitverkoop.

Danie ·

Die land en sy straf stelsels en “MENSE REGTE” BESTAAN NIE. Wat wel bestaan is die beskerming van die skuim, gemors en korupte sogenaamde mense. Mense van alle kulture en kleur wat wel die reguit pad loop en doen wat die lands wette bepaal word nou vervolg. Wie gaan die sttats koffers vol maak as die sulke gehoorsame burgers nie meer voorsien nie. Dit is belaglik wat deesdae in die wereld aan gaan. PUNT IS – DAAR IS NIE MEER DISIPLIENE NIE EN OUERS GEE NIKS OM NIE. DIE BYBEL SE VOORSKRIFTE WORD OOR BOORD GEGOOI OM AAN TE PAS BY DIE WERELD WAT GOD LASTER IS EN NIE IN GOD GLO NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.