Veiligheidswag in hof oor transitorooftog

Argieffoto

Onke Jilingisi (29), ʼn veiligheidswag by ʼn winkel in Epping-nywerheidsgebied in Kaapstad, het Maandag in die Goodwoord-landdroshof verskyn in verband met ʼn transitorooftog.

Jilingisi is in hegtenis geneem ná ʼn transitorooftog Vrydagaand.

Zinzi Hani, woordvoerder van die nasionale direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die bestuurder van die G4S-voertuig en ʼn kollega het kontant opgelaai by ʼn plaaslike winkel in Fisherlaan in Epping. “Hulle was op pad terug na die gepantserde voertuig toe twee onbekende mans hulle skielik genader en ʼn vuurwapen op hulle gerig het. Die verdagtes het een van die beamptes se vuurwapen by hom afgeneem en hulle het daarna in ʼn dubbelkajuitbakkie van die toneel gevlug met ʼn onbekende bedrag kontant. Die gekaapte bakkie is later verlate gevind in ʼn oop veld naby Langa-treinstasie.”

Die Valke se ondersoek het daarop gedui dat Jilingisi ʼn veiligheidswag by die betrokke winkel was. Hy is tydens die voorlopige ondersoek met die rooftog verbind en is in hegtenis geneem.

“Die saak is uitgestel tot 2 September vir die aansoek om borgtog.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

Word daar nie meer police clearance gedoen by aanstelling van veral so belangrike werk nie.. Is mens nie veronderstel om veilig te voel met sekuriteitsbeamptes in die rondte nie? .ń Skelm moet uitgewys word voordat hy ń werk aangebied word…waar het dinge so verkeerd begin loop vir SA?

Danie

Omdat hy nie n SA burger is nie?